Collage is ʼn gemeente met ʼn droom dat ons mense kan ontwikkel wat die wêreld verander, ʼn kerk kan bou wat ʼn hele stad beïnvloed en dat ons saam ʼn stad kan wees op ʼn berg waarvan die lig nie weggesteek kan word nie.
Ons wil jou nooi en verwelkom om deel te word van die droom.
Ons skep geleentheid waar jy op ‘n eenvoudige, eg en ‘n onweerstaanbare wyse God op ‘n weeklikse basis kan ervaar.
Ons skep ook ruimte om elke persoon in hulle spesifieke lewensfase te akkomodeer met die doel om hulle te motiveer en bemagtig om passievol en voluit te lewe.
Ons lewe in ʼn wêreld van meer as genoeg! Maar tog voel ons nie asof ons genoeg het nie en daarom hierdie strewe na meer, groter en beter! Dit veroorsaak ʼn onvergenoegdheid of ontevredenheid in ons harte en is waarskynlik die bron van ongelukkigheid en selfs die rede hoekom God se seën wat ons ryk maak afwesig is. Jack Hodgins het gesê “As long as a person has enough, they don’t need more.” God wil ons lei na ‘n plek van innerlike tevredenheid. Daarom wil ons met jou praat oor “Genoeg” in terme van tevredenheid, geluk, eenvoud en dankbaarheid.
23 Jul 2023
Genoeg: Deel 1 Wanneer Is Genoeg, Genoeg?

9 Jul 2023
Dr Thomas McCuddy: Cultivating Peace In A Turbulant World
Jy word genooi om saam met ons deel te wees van 'n inspirerende kerksdiens!
Ons sien uit om gasspreker Dr. Thomas McCuddy van Families of Virtue in die VSA by ons te hê. Hy sal deel oor hoe om innerlike vrede te vind te midde van die chaos van ons moderne wêreld.
Dr. McCuddy is 'n Gesinspastoor, Professor in Apologetiek en betrokke in verskeie ander bedienings- en akademiese rolle. Nooi jou familie en vriende. Kom met 'n hart vol verwagting!
Sondagoggend vanaf 09:00 op YouTube en Facebook Live
Indien jy wil deel word van ons vrywilligerspan, besoek ons webtuiste: https://collage.org.za/vrywilligers/
Vir meer inligting oor kleingroepe, besoek ons webtuiste: https://kleingroepe.collage.org.za/
Host of Collage Gemeenskapskerk Preke?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.