

- 11
- Episodes
- 2025
- First episode
About Jou Memoires
Ek help ouers, kinders en weermag veterane om verlies in konneksie te verander en herinneringe in 'n blywende nalatenskap – met my begeleide joernale. 💌 Onthou. Genees. Verbind. ✍ Begeleide joernale vir ouers en veterane ✨1.2K+ joernale verkoop | Soos gesien op Kyknet en Via TV www.memoirebooks.co.za
- Publisher
- Memoire Books l Guided Journals
- Category
- education
- Language
- af
- Explicit
- No
- First episode
- 6 Dec 2025
- Latest episode
- 10 Aug 2026
Latest episodes
11 episodes in the feed.

10 Aug 2026
Christine Shaw, memoire skrywer
🎙️ JOU MEMOIRES | CHRISTINE SHAW Hoe gemaak as jy te laat agterkom dat jy op die verkeerde trein is? Selfs ’n verkeerde afdraai is eintlik alles deel van jou storie! 😄 In hierdie episode gesels ek met Christine Shaw – skrywer, maatskaplike werker, psigometris, motiveringspreker en konsultant vir persoonlike groei en ontwikkeling. Christine is die skrywer van Well, This Wasn’t on the Map en HOE VER NOG? – twee boeke wat jou op ’n besonderse manier na jou eie lewensreis laat kyk. Ons praat oor vergifnis, wrokke, koers hou, herstel, taal en die stories wat ons oor onsself vertel. En natuurlik oor die gelykenisse en metafore waarmee Christine die alledaagse lewe op verrassende maniere verstaanbaar maak. Ek het ná ons gesprek sommer anders gekyk na iets so eenvoudig soos om langs my dogter te staan terwyl sy leer parallel parkeer… 🚗😂 Want miskien is dit ook maar ’n metafoor vir ouerskap: jy kan nie die stuurwiel oorneem nie – jy kan net langsaan staan en dophou, en hoop sy hou binne die lyne. En dan die vraag waarmee ek Christine aan die einde laat sit het: “Ek moes hierdie boeke skryf, omdat…” Wat sou jóú antwoord wees? 🎧 Luister na hierdie lekker gesprek oor stories, groei en die kronkelpaaie van die lewe. 📚 Well, This Wasn’t on the Map – Naledi Books 📚 HOE VER NOG? – Naledi Books Boekbestellings:Well this was’nt on the map – Naledi Books (https://naledi.co.za/product/well-this-wasnt-on-the-map/) HOE VER NOG? – Naledi Books (https://naledi.co.za/product/hoe-ver-nog/)#JouMemoires #ChristineShaw #Memoirs #Lewensverhale #PersoonlikeGroei #AfrikaanseBoeke #SkryfJouStorie #NalediBooks

27 Jul 2026
Memoire Ontwikkelaar: Omar Kinnear
Ontmoet Omar Kinnear - eienaar en ontwikkelaar van Learn About Me www.learnaboutme.co.za Omar het sy eie moeilike pad gestap en ook by die slotsom gekom dat elke mens 'n storie het wat die moeite werd is om te bewaar. Nie omdat ons almal uitsonderlike lewens gelei het nie, maar omdat ons gewone oomblikke dikwels die grootste geskenk vir die volgende geslag word. Sy aanlyn platform help jou stap vir stap om jou lewensverhaal neer te skryf. Die program is ook in Afrikaans beskikbaar en maak dit verrassend maklik om herinneringe vas te vang, selfs al dink jy jy is nie 'n skrywer nie. Terwyl ek self die program gebruik, het ek ontdek dat dit veel meer is as net 'n plek om jou stories neer te tik. Omar het 'n hele reeks kreatiewe hulpmiddels ontwikkel wat jou help om herinneringe op te roep, jou verhaal te struktureer en uiteindelik 'n nalatenskap vir jou familie te skep. Een van my gunsteling-kenmerke is die insigblad wat die stelsel op grond van jou eie stories saamstel. Dit is ongelooflik om te sien hoe jou herinneringe patrone, waardes, lewenslesse en temas blootlê waarvan jy dalk nooit self bewus was nie. In hierdie gesprek praat ons oor die krag van stories, hoe tegnologie ons kan help om ons lewensverhale te bewaar (en waarvoor om uit te kyk), en waarom dit nog nooit makliker was om jou memoires te begin skryf nie.

20 May 2026
Army stories: Adjudant-offisier 1ste Klas (afgetree) Paul J. Els
Paul het al 31 boeke gepubliseer en istussentyd besig met sy eie memoires, wat die bos-oorlog insluit. Dit is hierdie memoires wat my veral interesseer. Sy boeke kan bestel word by: Groep 7 Drukkers: epos@groep7.co.za (mailto:epos@groep7.co.za) I082 449 0574 I www.groep7-selfpublish-books.co.za (http://www.groep7-selfpublish-books.co.za) Kontak Paul direk: paul@who-els.co.za (mailto:paul@who-els.co.za) I066 344 4154 I https://paul.who-els.co.za (https://paul.who-els.co.za) Paul is ’n afstammeling van Boere-generaal Louis Botha, Voortrekker Andries Potgieter en Hans Dons de Lange. In Januarie 1964 het hy by die Seinkorps van die Suid-Afrikaanse Weermag aangesluit. Aandie einde van daardie jaar is hy oorgeplaas na 5 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon in Ladysmith. Hy het in 1968 ’n drie maande lange diensplig aan die grens verrig, waarna hy ’n jaar lank as radio-operateur op Gough-eiland diens gedoen het. Met sy terugkeer na Suid-Afrika in 1969 het hy instrukteur by die Seinskool in Voortrekkerhoogte geword en teen die einde van daardie jaar is hy vir ’n paar weke in Afrika ontplooi. Gedurende 1975/1976 het Paul aan OperasieSavannah deelgeneem en aan die einde van 1978 is hy oorgeplaas na die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte as die eerste langafstand onderoffisier, radio-operateur en kriptograaf vir 5 Verkenningskommando. Op 35-jarige ouderdom het hy die valskermkursus voltooi en sy valskermvlerke verwerf. In 1984 het hy Regimentsersant-majoor van dieNoord-Transvaalse Kommando Seineenheid geword, en vanaf 1992 het hy vir die Leër-inligtingskorps gewerk. Nadat hy in 1996 afgetree het, het hy We Fear Naught but God geskryf. Die gewildheid van die boek het hom oortuig omvoort te gaan, vandag het hy al 31 boeke uitgegee en is hy tans met nog 4 geskiedkundige boeke besig. Waarin ek wel die meeste belangstel, is sy persoonlike memoires wat hy vir sy kinders opskryf.

17 Apr 2026
Memoire Skrywer: Juliana Coetzer
Soms leef ’n mens ’n hele lewe… sonder om dit ooit werklik neer te skryf. Stories bly vasgevang in geheue in stiltes in dit wat ons kies om te onthou en dit wat ons probeer vergeet. Maar wat gebeur wanneer ons begin skryf? Wanneer ons die moed het om woorde te gee aan dit wat ons gevorm het — die mooi die seer die onverstaanbare? Vandag gesels ons oor memoire-skryf nie net as ’n manier om te onthou nie, maar as ’n manier om te verstaan. Om sin te maak. Om te verwerk. En dalk… om iets van onsself terug te vind. Ek is in gesprek met Juliana Coetzer — psigoterapeut enskrywer — oor die krag, die kompleksiteit en die eerlikheid wat dit vra om jou eie storie neer te pen. Want jou storie… maak saak. Boeke deur Juliana Coetzer: Bloedvreemd - (https://kakkerlak.co.za/product/45443/) https://kakkerlak.co.za/product/45443/ (https://kakkerlak.co.za/product/45443/) Oorkant jou (https://www.jonathanball.co.za/product/oorkant-jou/) - https://www.jonathanball.co.za/product/oorkant-jou/ (https://www.jonathanball.co.za/product/oorkant-jou/) Die kind se naam is Anneke (https://www.nb.co.za/en/view-book?id=9780798181884) - (https://www.nb.co.za/en/view-book?id=9780798181884) https://www.nb.co.za/en/view-book?id=9780798181884 (https://www.nb.co.za/en/view-book?id=9780798181884)

26 Mar 2026
My pa se vloot stories
Hierdie is 'n meer persoonlike episode. My pa; Stef van Rooy; hou nie van skryf nie en stuur elke week 'n storie via whatsapp se voicenote. Ek laai hierdie stories dan op 'n USB stokkie en hou dit veilig in my memoire boek se boeksakkie. Mag dit vir jou idees gee van hoe maklik dit regtig kan wees om jou storie te vertel (of skryf, ek verkies steeds skryf).

5 Mar 2026
Michele van Loggerenberg - Dignity Therapy
Waardigheidsterapie - Dignity Therapy Michele van Loggerenberg, ‘n vryskut teksredigeerder en proefleser, staan persone in palliatiewe sorg by deur waardigheidsterapie (dignity therapy). Dit behels ‘n gesprek van ongeveer twee ure, die transkribering van die opname en na die dood van die persoon, die oorgee van die voltooide memoire in boek-formaat aan die familie. Sy het verskeie kursusse in waardigheidsterapievoltooi, o.a deur Dr Harvey Max Chochinov (‘n Kanadese akademikus en psigiater). BA Spraakterapie en Oudiologie, ‘n Hoër Onderwysdiploma, Frans II en Loopbaanvoorligting staan ook agter haar naam. Michele se kontakbesonderhede: kiddo@yebo.co.za (mailto:kiddo@yebo.co.za) 083 281 9944 Dr (https://www.youtube.com/watch?embeds_referring_euri=https%3A%2F%2Fwww.bing.com%2F&embeds_referring_origin=https%3A%2F%2Fwww.bing.com&source_ve_path=Mjg2NjQsMTY0NTAz&v=kaaK9RKGwaQ&feature=youtu.be)Harvey Max Chochinov: https://www.youtube.com/watch?embeds_referring_euri=https%3A%2F%2Fwww.bing.com%2F&embeds_referring_origin=https%3A%2F%2Fwww.bing.com&source_ve_path=Mjg2NjQsMTY0NTAz&v=kaaK9RKGwaQ&feature=youtu.be (https://www.youtube.com/watch?embeds_referring_euri=https%3A%2F%2Fwww.bing.com%2F&embeds_referring_origin=https%3A%2F%2Fwww.bing.com&source_ve_path=Mjg2NjQsMTY0NTAz&v=kaaK9RKGwaQ&feature=youtu.be)

2 Feb 2026
Army stories: Dr Roelf Schoeman
Dr Roelf Schoeman, Pastorale- enTraumaberader, Narratiewe terapeut, voormalige lid van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep. PhD, Praktiese Teologie (Universiteit van Pretoria) Bestel sy boek hier: Weermagstories (https://theronbooks.com/books/weermagstories-roelf-schoeman/) deur Roelf Schoeman

14 Jan 2026
Dr Nelia Drenth: Routerapie deur jou storie
Nelia Drenth het Maatskaplike Werk aan die Universiteit van Johannesburg (voorheen bekend as RAU) (BA Maatskaplike Werk), die Universiteit van Pretoria (MA Mediese Maatskaplike Werk) en die Noordwes-Universiteit (PhD) studeer. Die titel van haar PhD-proefskrif is: Gekompliseerde rou in die Suid-Afrikaanse konteks – ’n terapeutiese intervensieprogram. Nelia het ’n besondere belangstelling daarin om met mense te werk wat verlies ervaar het. Haar terapie fokus op die innerlike kragte wat in elkeen van ons lê, ten spyte van die pyn wat verlies en die dood meebring. www.qualilifecare.org Die boek wat Nelia aanbeveel: Om tot verhaal te kom Bestel dit hier: https://www.lapa.co.za/om-tot-verhaal-te-kom

5 Jan 2026
Memoire skrywer: Zarine Roodt
Zarine Roodt het haar meestersgraad in Spelterapie voltooi, en haar verhandeling is getiteld: ‘Writing in Therapy’. https://uir.unisa.ac.za/handle/10500/2445 (https://uir.unisa.ac.za/handle/10500/2445) In hierdie studie het sy haar toegespits op die terapeutiese waarde van skryfwerk. Dit is iets wat haar baie na aan die hart lê, en sy pas dit steeds self toe; daarby dra sy dit ook oor tydens haar werksessies en retreats. Zarine het twee memoirs geskryf: enkelreis en ‘n Dagreis ver wat op spesifieke lewensgrepe gebaseer is: die vooraand van 50 en 60 onderskeidelik. . Sy is 'n deurwinterde byhouer van persoonlike geskiedenis: "Wanneer ek die dag my kop neerlê, sal daar min wees wat my seun nie van homself weet en van wat in sy ma se kop aangegaan het nie", is iets wat Zarine graag sê. Zarine het jare lank aan die Vrystaatse Universiteit klas gegee – in Kommunikasiekunde – en is gemaklik om kennis op ‘n praktiese wyse oor te dra. https://www.zarineroodt.com/en/ https://www.facebook.com/zarine.roodt/ https://www.penguinrandomhouse.co.za/book/ingrid-jonker-n-biografie/9781415209363 (https://www.penguinrandomhouse.co.za/book/ingrid-jonker-n-biografie/9781415209363) www.memoirebooks.co.za

9 Dec 2025
Army stories: Albertus (Spir) & Elke Venter
In sy boek 'Venter en sy ranglose trawante hou die PF's besig' skryf Albertus die volgende: Soos wat 'n mens ouer word is jou kop somtyds geneig om op ver paaie terug te loop. Hartseer en harde paaie wat vol dorings is maar ook die gappige en goeie paaie wat jy leer stap het met jou Army broers. Broers wat jy nooit sal vergeet nie. Opregte kamerade! Vroeg het ek gevoel om nie te skryf oor gevegte en kontakte nie maar eerder oor die snaakse goedjies wat gebeur het tussen my en maters. Ons was almal innoverende planmakers met die doel om ons Armydae meer interessant en lekker te laat verbygly... Luister gerus na ons gesprek oor die waarde van onthou en skryf. Albertus se boeke kan direk by hom bestel word: Facebook blad: Bungalo Bul-1977 Epos: bungalo.bul.77@gmail.com

6 Dec 2025
Army stories: Generaal-Majoor (Afgetree) Roland en Dr Henriëtte de Vries
Ek gesels gereeld met weermag veterane, en wat ek die heel meeste oor hierdie besondere groep mense waardeer, is jul ‘Can Do attitude’. No-can-do En dan is dit tog vreemd hoe die meeste veterane, wanneer hulle van hierdie projek hoor – met soveel ‘NO CAN DO’ redes vorendag kom. Generaal de Vries In hierdie heel eerste episode gesels generaal Roland de Vries saam met sy vrou Henriëtte oor die waarde van skryf, soos hulle dit self ervaar. Oer-oue beginsel Dalk is jy self 'n 'No-Can-Do' voorstaander. En dalk kan hierdie veteraan-span jou vandag oortuig dat daar besondere waarde in hierdie oer-oue beginsel skuil.No Can Do redes: - Maar Anné, ek is nie ‘n skrywer nie. - Maar Anné, ek het nie tyd nie. - Maar Anné, ek mag oor soveel wat gebeur het, nie skryfnie (ooreenkoms van geheimhouding) - Maar Anné, as jy nie daar was nie, sal jy nie verstaannie. - Maar Anné, dis net te veel moeite om alles teverduidellik. - Maar Anné, die oorlog is mos verby, nou moet ons niedaaroor skryf of praat nie. - Maar Anné, ek het te min om oor te skryf, ek het netmy opleiding gedoen. - Maar Anné, ek het te veel om oor te skryf – een boekis te min. Luister saam -> 'like' die reeks -> ja, jy kan! https://www.samvo.international/samvoint-new/veteran-roland-de-vries-sd-sm-mmm
Host of Jou Memoires?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.