In hierdie week se episode gesels Leonie Bezuidenhout, Mizanne van Wyk en Jhua-Nine Wyrley-Birch oor alles wat die popkultuurwêreld die afgelope jaar op hol gehad het.
24 Nov 2025
Om te KI, of nie?
In episode 4 van “Kultuurkliek” gesels Mizanne van Wyk en Jhua-Nine Wyrley-Birch oor mens vs. masjien, en die polemiek oor kunsmatige intelligensie in die kunstebedryf en vra die groot vraag: Om te KI, of nie?
7 Nov 2025
Van die “pods” tot die plaas!
In episode 3 delf Leonie Bezuidenhout, Mizanne van Wyk en Jhua-Nine Wyrley-Birch in die wêreld van “Love is Blind” en “Boer Soek ’n Vrou” – twee werklikheidsreekse wat op heel verskillende maniere na die liefde kyk.
5 Nov 2025
Die Taylor Swift-effek
Taylor Swift is meer as net ’n sanger – sy is ’n wêreldwye fenomeen. In hierdie episode van Kultuurkliek gesels ons oor haar splinternuwe album en die impak wat sy op musiek, kultuur en selfs die ekonomie het. Of jy ‘n Swiftie is of nie, Taylor se invloed kan eenvoudig nie geïgnoreer word nie.
Sluit aan vir ’n gesprek vol popkultuur-insigte, Swiftie-feite en ons eie Afrikaanse blik op een van die grootste name in die wêreld.
Luister nou en sê vir ons: Is jy ‘n Swiftie of nie?
#Kultuurkliek #TaylorSwift #popkultuur #MaroelaMedia
6 Oct 2025
Alles oor 'The Summer I Turned Pretty'
In episode 1 gesels Die Kultuurkliek oor “The Summer I Turned Pretty”, ʼn romantiese jeugverhaal wat jonk en oud geboei het.
Host of Kultuurkliek?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.