Mayday - die noodkreet van ons generasie.
As 'n gemeente hoor ons die noodkreet van
jong mense in Pretoria en roep uit na God. Ons wil 'n omgewing skep waar ons nader aan God kan kom, meer van sy woord kan leer en ook in community kan leef met Sy mense.
As 'n kerk leef ons VRYGESPREEK deur dit wat
Jesus vir ons gedoen het. Ons leef saam in
COMMUNITY en op SENDING. Mayday Menlo is
SKRIF GETROU en leef GEESVERVULD.
Die volgende gelykenis is die gelykenis van die arbeiders in die wingerd, soos ons dit in Matteus 20:1–16 vind.
12 Oct 2026
ShipsHappens- Geliefdes, dis 'n voorreg!
Van singel wees tot trou — ons gaan voort met ons 3-week reeks oor verhoudings, liefde, singelheid en alles tussenin.
In Deel 3 gesels ons oor die huwelik — wat beteken dit om ’n huwelik te bou wat God eer? Hoe lyk liefde, commitment, kommunikasie en om saam deur die lewe te groei?
Kom leer saam hoe om verhoudings te bou wat nie net op gevoelens gebaseer is nie, maar op God se waarheid en Sy plan.
12 Oct 2026
My Storie, Sy Genade
In hierdie episode deel Derick sy persoonlike getuienis — van ’n lewe waarin hy met sy seksualiteit geworstel het, tot waar hy vandag staan in sy verhouding met God.
Hy vertel van die uitdagings, die vrae, die geloof en die oomblikke waar hy ervaar het hoe die Here in sy lewe gewerk het. ’n Eerlike storie van verandering, genade, geloof en die wonderwerke wat hy glo God in sy lewe gedoen het.
Luister saam na sy storie en ontdek hoe God selfs in die moeilikste en mees komplekse dele van ons lewens teenwoordig kan wees.
Reach and audience
Public platform figures. Ratings count people who left a rating, not total listeners.
Spotify
5.0 / 5
2 ratings
Host of Die Noodkreet?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.
Explore this show Podcast research with Pod Engine