EP22 - Ligdraers – Hoe Om ’n Lig te Wees in ’n Duister Wêreld
Met Johan Bruintjes
Jesus noem sy volgelinge die lig van die wêreld. Maar hoe leef ’n mens daardie waarheid prakties uit in ’n kultuur wat dikwels vyandig teenoor geloof staan? Hierdie episode gee riglyne, stories en insigte oor wat dit beteken om sout en lig te wees – nie net met woorde nie, maar met ’n lewe van liefde, waarheid en gehoorsaamheid.
Enige vrae en of komentaar, epos ons gerus: olielamp.podcast@gmail.com
2 May 2026
EP21 - “Hulle sal maar grootword…” – Die Versuim van Christelike Ouerskap
Met Mr. Herman van der Linden
In ’n tyd waar seksuele losbandigheid, drankmisbruik en rebellie onder jongmense normaal geword het, is die stem van ouers dikwels sag of afwesig. Hierdie episode neem ’n eerlike blik op ’n uiters belangrike onderwerp: die verantwoordelikheid van Christelike ouers om hulle kinders in die vrese van die Here groot te maak. Ons ondersoek die verskoning: “Ek was ook jonk,” en vra: “Is dit Bybels?” Wanneer ouers nalaat om op te voed, te tug en te begelei, watter gevolge sien ons – en hoe herstel ons dit? Hierdie gesprek is nie net ‘n aanklag nie, maar ’n oproep tot bekering en hernuwing in die huis.
4 Apr 2026
EP20 - Die roeping van die vrou in die kerk
Met Annemarie Van Rensburg
Abstrak:
Wat is die plek en roeping van die vrou in die kerk van Christus? In hierdie episode gesels ons oor Bybelse riglyne, kerkgemeenskap wees, en die belangrike - maar dikwels ongesiene - rol wat vroue in die gemeente speel. Ons ondersoek ook hoe verskillende tradisies hierdie rol benader, en hoe vroue hul gawes tot diens van die liggaam van Christus kan aanwend.
Reach and audience
Public platform figures. Ratings count people who left a rating, not total listeners.
Spotify
5.0 / 5
9 ratings
Contact Die Olielamp Potgooi
Guest appearances
Books guests
Based on episode analysis; this does not confirm that the show is currently accepting guests.
Host of Die Olielamp Potgooi?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.
Explore this show Podcast research with Pod Engine