Kom luister saam wanneer Dirk Hermann met verskeie gaste oor gebeure in die wêreld en by Solidariteit gesels. Hierdie gefokusde gesprekke gee kykers 'n ander perspektief op hoe gebeure op nasionale en internasionale vlak die wêreld van werk beïnvloed.
Ep 82 - Waarom Solidariteit meer as net ʼn vakbond moes word
25 jaar gelede het die Mynwerkersunie se naam na Solidariteit verander. Hierdie verandering het met heelwat teenstand en onsekerheid gepaardgegaan. In hierdie week se episode gesels Dirk met Flip Buys, wat aan die voorpunt van dié verandering gestaan het. Hulle bespreek hoe die Solidariteit Beweging uit Solidariteit ontstaan het en hoe Flip reeds destyds besef het dat die Afrikanergemeenskap ʼn sterk beweging nodig het waarin mense ʼn tuiste en ʼn gevoel van verbondenheid kan vind.
2 Nov 2026
Ep 81 - As ons dit ignoreer, normaliseer ons dit.
Die stryd duur al vir amper 30 jaar voort! Solidariteit sal nie gaan lê totdat rassewette iets van die verlede is nie. In hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld, gesels Dirk Hermann met Anton van der Bijl oor ons stryd teen rassewette en hoekom hierdie week belangrik is vir ons saak daarteen. Ons kan nie nou stil raak nie. Ons moet aanhou veg. Kyk en gesels saam.
26 Oct 2026
Ep 80 - Ons speel oop kaarte oor aanlyn dobbel
Aanlyn dobbel is ʼn groter probleem as wat mense besef. Nie net raak dit gesinne nie, maar dit word ʼn al groter probleem in die werksplek. Kyk hierdie week se episode van Die Solidariteit Wêreld, waar Dirk Hermann met Nicolien Welthagen gesels oor die impak van dobbel op gemeenskappe, asook die advertering daarvan by verskeie geleenthede. Gesels saam en deel jou mening!
Reach and audience
Public platform figures. Ratings count people who left a rating, not total listeners.
Spotify
5.0 / 5
1 ratings
Contact Die Solidariteit Wêreld met Dirk Hermann
Guest appearances
Books guests
Based on episode analysis; this does not confirm that the show is currently accepting guests.
Host of Die Solidariteit Wêreld met Dirk Hermann?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.
Explore this show Podcast research with Pod Engine