'n Splinternuwe podcast vir Suid-Afrikaners deur Suid-Afrikaners — sodat enigeen kan saam reis van die huis. Uit die hartjie van Amsterdam, bring Anina Visser-Klerck elke week vir julle 'n vars uitkyk op 'n bestemming wat onlangs deur 'n Suid-Afrikaner verken is.
Roadtrip deur die VSA | Big Sur, Los Angeles & Joshua Tree
Ons sluit ons Amerikaanse roadtrip af waar die pad die Stille Oseaan ontmoet — langs die kus van Kalifornië.
Ons vat die ikoniese Highway 1 deur Big Sur en kronkel al langs die kus af tot in Los Angeles. Hier wag ons eie toergids, Hanru Redelinghuys van Sony Pictures, om ons die stad van sterre te wys — van Hollywood se glans en filmgeskiedenis tot die strate van Beverly Hills.
Maar ná die stad se ligte verruil ons weer die beton vir die natuur en vat die pad Joshua Tree Nasionale Park toe. ’n Woestynlandskap vol vreemde bome, reuse rotse en hope karakter — en die perfekte plek om ons Amerikaanse avontuur af te sluit.
31 Aug 2026
Ysland | Verken die eiland van vuur en ys
Vuur en ys. Gletsers en vulkane. Swart strande, stomende warmwaterbronne en watervalle om elke hoek en draai. Min plekke op aarde voel so wild en ongerep soos Ysland.
In vandag se episode vat ons die pad saam met Marieke Teessen, wat Ysland se beroemde Ringpad met ’n kampeerwa aangepak het. Sy deel haar volledige gids tot dié epiese roetereis – van waar om te stop en wat jy beslis nie moet misloop nie, tot die mooiste staproetes, F-paaie, hawedorpies en natuurlike warmwaterbronne.
Hier is ‘n blitsgids met al die plekke waaroor ons gesels.
Marieke se hoogtepunte
Fagradalsfjall se lawavelde op Reykjanes
Reykjadalur se geotermiese warmwaterbron-staproete
Kerið-krater
Watervalle: Þjórsárdalur, Seljalandsfoss, Skógafoss, Fossárdalur, Dettifoss, Goðafoss, Gullfoss & Þórufoss
Sólheimasandur se vliegtuigwrak
Sólheimajökull-gletser
Dyrhólaey & Reynisfjara se swart strand
Fjaðrárgljúfur-kloof
Skaftafell en die Vatnajökull-gletser
Jökulsárlón Glacier Lagoon & Diamond Beach
Vestrahorn-berg
Stórurð-staproete
Stuðlagil-kloof
Hverir se geotermiese landskap
Þingvellir Nasionale Park en die staproete tussen die tektoniese plate
Blue Lagoon
Avontuurlustige bestemmings wat net bereikbaar is via F-paaie (4x4)
Háifoss-waterval
Landmannalaugar-staproete
Hveravellir-warmwaterbron
Kerlingarfjöll-staproete
Mooi hawedorpies langs die pad
Vík – vir swart strande, Black Crust Pizza en Vikings
Djúpivogur
Seyðisfjörður
Borgarfjörður Eystri
Húsavík
Dankie dat julle saam luister. As julle die podcast geniet volg ons gerus op Spotify (https://open.spotify.com/show/0CzCAWRn4tPAhYqjaKwIHe?si=ea7fd9510f2e47db) en Apple Podcasts (https://podcasts.apple.com/nl/podcast/die-w%C3%AAreld-aan-jou-voete/id1769202959) vir sporadiese episodes en reiswenke 🔗
14 Aug 2026
Roadtrip deur die VSA | Noord-Kalifornië, Yosemite & San-Francisco
Vandag vat ons julle saam op die volgende deel van ons roadtrip langs die weskus van Amerika – en hierdie keer ry ons deur die ongelooflike Noord-Kalifornië.
As daar één plek is wat hierdie deel van die reis vir ons onvergeetlik gemaak het, is dit sonder twyfel Yosemite National Park. Dis een van daardie plekke wat jy al honderd keer op foto's gesien het, maar niks berei jou heeltemal voor vir hoe indrukwekkend dit eintlik is nie.
Ons gaan lekker baie tyd in Yosemite spandeer en gesels oor die beste uitsigte vanaf Glacier Point; die enorme granietkranse van El Capitan; die staproetes rondom Yosemite Falls; en die ikoniese Half Dome. Maar Noord-Kalifornië is natuurlik baie meer as net Yosemite.
Ons roadtrip vat ons ook na die strate van San Francisco en die wingerde van Sonoma. Ons vertel wat vir ons die moeite werd was, wat ons volgende keer anders sou doen, en deel ’n paar wenke om jou te help as jy self ’n reis deur hierdie deel van Kalifornië beplan.
Hoop julle reis lekker saam van die Golden Gate tot Napa, tot diep in die Yosemite-vallei in. As julle dit geniet, volg gerus 'Die Wêreld aan jou Voete' op Spotify (https://open.spotify.com/show/0CzCAWRn4tPAhYqjaKwIHe?si=26a1c2d438674b81) of Apple (https://podcasts.apple.com/nl/podcast/die-w%C3%AAreld-aan-jou-voete/id1769202959?l=en-GB).
Who has been a guest on Die Wêreld aan jou Voete
Names identified in recent episode analyses. Showing up to five guests.
Erich Rickens
Kim Van Schalkwyk
Noel Basson
Emma Templeman
Reach and audience
Public platform figures. Ratings count people who left a rating, not total listeners.
Spotify
5.0 / 5
26 ratings
Contact Die Wêreld aan jou Voete
Guest appearances
Does not typically book guests
Based on episode analysis; this does not confirm that the show is currently accepting guests.
Host of Die Wêreld aan jou Voete?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.
Explore this show Podcast research with Pod Engine