Welkom by die Elvira Joubert PotGooi – 'n plek waar eerlike gesprekke, geloof, inspirasie en die alledaagse lewe bymekaar kom.
Saam met Elvira verken ons temas wat die hart raak: geloof, familie, persoonlike groei, hoop, uitdagings en die stories wat ons vorm.
Elke episode bied opregte gesprekke, praktiese wysheid en bemoediging om jou te inspireer en toe te rus vir die lewe.
Of jy nou op pad werk toe is, by die huis ontspan of net 'n oomblik van inspirasie nodig het – hierdie potgooi is vir jou.
Luister. Groei. Word geïnspireer.
Nuwe episodes gereeld beskikbaar.
'n Produksie van Dis Raak Produksies.
Met trots vervaardig deur Dis Raak Produksies, waar betekenisvolle stories, professionele media en kreatiewe inhoud saamkom om mense te inspireer en impak te maak.
Publisher
Elvira Joubert
Category
education · health & fitness · religion & spirituality
Ons sien ’n deel. God sien die groter prentjie Elke storie het meer as een kant. Daar is my kant, wat ek gesien, gevoel en beleef het. Daar is jou kant, wat jy gesien, gevoel en beleef het. En dan is daar God se kant. Want waar ons net ’n gedeelte van die storie sien, sien God die groter prentjie. Hy sien die begin én die einde. Hy sien die seer én die doel. Hy sien die dele wat ons nie verstaan nie, en Hy weet hoe alles bymekaar pas. In hierdie podcast praat ons eerlik, ...
16 Sept 2026
Wie Besit jou huis?
Die vyand het nie jou hele huis nodig nie… net een spyker in die muur. Een kompromie. Een deur wat oopbly. Een ding wat jy weet nie daar hoort nie, maar wat jy aanhou verskoon. Ons dink soms: “Dis net klein.” Maar klein toegang kan groot ruimte gee. In hierdie podcast praat ons oor die “spyker in die muur” , daardie klein areas wat ons nie aan God oorgee nie, en hoe belangrik dit is om elke deur toe te maak wat nie van Hom af kom nie. Wat het jy dalk toegelaat omdat dit klein gelyk het? ...
7 Aug 2026
Vir wat kniel jy wanneer niemand anders kyk nie?
Shadrag, Mesag en Abednego het in ’n wêreld geleef waar almal verwag is om voor dieselfde beeld te buig. Die druk was groot, die gevolge was ernstig en die oond was reeds warm — maar hulle het geweier om hulle gehoorsaamheid aan God te verruil vir veiligheid, goedkeuring of gemak. Hulle geloof was nie net iets wat hulle met hulle monde bely het nie. Dit was sigbaar in wat hulle geweier het om te doen. Hulle het geweet God kán hulle red, maar selfs al sou Hy nie, sou hulle steeds nie voor di...
28 Jul 2026
Is Jou tee sterk genoeg?
Tee leer ons iets besonders oor ons wandel met God. ☕💧 Water alleen is net water. 'n Teesakkie alleen is net 'n teesakkie. Maar wanneer hulle saamkom, begin iets besonders gebeur. En hoe langer die teesakkie in die warm water bly, hoe ryker die kleur, hoe voller die geur en hoe sterker die smaak. Net so is dit met ons. Hoe langer ons in die Lewende Water, Jesus Christus, bly en in Sy teenwoordigheid vertoef, hoe meer word ons verander. Ons geloof word sterker, ons karakter groei en Sy geur...
26 Jul 2026
GEKROON
Kom wees deel van ’n kreatiewe en geestelike retreat, aangebied in samewerking met Bernina. GEKROON is ’n unieke retreat-ervaring wat vroue nooi om weer met hulself in aanraking te kom deur kuns, stiltetyd en doelgerigte skeppendheid. Hierdie geleentheid is meer as net ’n werkswinkel; dit is ’n reis na innerlike herstel, inspirasie en transformasie. Deelnemers sal die geleentheid kry om hul kreatiwiteit in ’n rustige en veilige omgewing vrylik te laat vloei. Deur middel van tekstielk...
29 Jun 2026
Waar Pas Ek In?
Jesus se antwoord: “Doen wat Ek jou geroep het om te doen.” Ons vra so maklik: “Here, waar pas ek in? Wat is my plek? Hoe kan ek ’n verskil maak?” Maar soms is Jesus se antwoord eenvoudiger as wat ons dink: “Wees gehoorsaam. Doen net wat Ek jou gevra het om te doen.” Ons is nie almal geroep vir dieselfde rol nie, maar ons is almal geroep met ’n doel. In Christus is ons aangeneem as kinders van God, nie buitestaanders nie, maar seuns en dogters met ’n plek in Sy huis en ’n taak in Sy Koninkr...
4 Jun 2026
Die Gevaar van "Ek Sal Later"
Uitstel (*delay - lui*) of Ongehoorsaamheid? 🎙️🔥 Hoeveel keer sê ons: “Ek sal later,” maar eintlik vra God vir nou? In hierdie episode gesels ons oor die gehoorsaamheid van Nehemia, ’n man wat nie net ’n muur gesien het wat herbou moes word nie, maar ’n opdrag wat gehoorsaam moes word. Ons praat oor hoe uitstel vandag lyk: in ons roeping, ons gesinne, ons besighede, ons genesing en ons verhouding met God. Want soms is procrastination nie net tyd mors nie… soms is dit ongehoorsaamheid in ’...
26 May 2026
Swanger met God Se Plan
In hierdie episode praat ons oor doel, geloof, vrees en die saad wat Jesus binne-in jou geplant het. 🌱✨ Deur persoonlike getuienisse, Bybelse waarheid en die verhaal van Koningin Ester, word jy aangemoedig om God se stem bo vrees en mense se opinies te kies. Hierdie boodskap raak temas soos: • Doel en identiteit • Om vrees te oorwin • Hoe om God se stem te herken • Geloof in moeilike seisoene • Geestelike groei en gehoorsaamheid Onthou: “Hy wat in jou is, is groter as hy wat in die wêreld ...
Reach and audience
Public platform figures. Ratings count people who left a rating, not total listeners.
Spotify
5.0 / 5
2 ratings
Contact Elvira Joubert PotGooi
Guest appearances
Does not typically book guests
Based on episode analysis; this does not confirm that the show is currently accepting guests.
Host of Elvira Joubert PotGooi?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.
Explore this show Podcast research with Pod Engine