Die mense was veronderstel om 'n gesonde huis van waarheid en liefde vir die Here te bou, maar hulle sonde was eintlik die bou van 'n swak en gekompromitteerde nasie. In plaas daarvan om die mense hieroor te waarsku, het die profete verkies om die mense se sonde te ignoreer, vir hulle te vertel dat alles net goed is en die ongesonde struktuur wat die nasie gebou het, te dra.
21 May 2023
Die Voorlopers
Joh 16:7,13-15 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur;13 Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toekomstige dinge aan julle verkondig. 14 Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. 15 Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig.
16 Apr 2023
Waarkuwings tekens op ons pad
God se waarskuwings dien om ons te herinner aan die voorwaardelikheid van Sy beloftes aan Sy kerk. As 'n mens die voorwaardelikheid van die beloftes vergeet, soos die Jode gedoen het, moet hy eers God se waarskuwings verwerp.
Vandag fokus sommige slegs op God se beloftes van voorspoed, en bied hulle daardie beloftes aan wat God se optimale plan vir Sy kerk openbaar, terwyl hulle weier om ook Sy waarskuwings voor te lê wat die voorwaardelikheid van daardie beloftes en die alternatief in die lig van ongehoorsaamheid
openbaar.
Contact GILBOA
Guest appearances
Does not typically book guests
Based on episode analysis; this does not confirm that the show is currently accepting guests.
Host of GILBOA?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.
Explore this show Podcast research with Pod Engine