Ons praat, lag en huil oor peri- and post-menopousale dinge waaroor vroue wonder en fluister (of 2 uur in die oggend “google”)
Volg ons op
Facebook: https://www.facebook.com/grysengatvol
Instagram https://www.instagram.com/grysengatvol
In hierdie besondere gesprek ontmoet ons nie net die bekende, fenomenale Annelisa Weiland nie, maar kry ‘n intieme blik van haar grootwordjare en die mense en gebeurtenisse wat haar gevorm het.
Ons gesels oor haar drome, haar pad, haar vreugdes, uitdagings, liefdes, lesse en die oomblikke wat haar gemaak het wie sy is.
Geniet saam met ons die vrolike en soms verrassend emosionele kykie na hierdie kleurvolle, sterk, talentvol, eerlik en lewenslustige ikoon.
’n Gesprek vol stories, lag, herinneringe en ’n hele klomp Annalisa-kleur. ❤️
Geborg deur Probitec. https://probitec.co.za
25 Aug 2026
Sandra Prinsloo: ‘n Vrou met Vuur en Finesse
In hierdie besonderse episode van Grys en Gatvol sit ons saam met die ikoniese Sandra Prinsloo — ’n baanbreker, aktrise, teaterpersoonlikheid en ’n vrou met ’n kleurvolle lewensverhaal.
Dis ’n baie persoonlike en heerlik gesellige gesprek. Ons praat oor Sandra se merkwaardige loopbaan en die uiteenlopende rolle wat haar oor dekades heen ’n besondere plek in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf gegee het.
Maar hierdie gesprek gaan oor veel meer as toneelspel.
Ons leer die Sandra agter die verhoog en die rolle ken: die vrydenkende kind en tiener, die sterk en beginselvaste vrou, haar kleurvolle emosionele wêreld, haar leefstyl en haar liefde vir ’n aktiewe lewe. Ons gesels ook oor die dinge wat haar deur die jare gesond, energiek en nuuskierig gehou het — en oor wat dit beteken om steeds met oortuiging en op jou eie manier deur die lewe te beweeg.
’n Gesprek vol herinneringe, lag, lewenswysheid, eerlikheid en ’n hele klomp Sandra.
11 Aug 2026
PILLE, POEIERS & MUTI: Vat, los, of sluk?
Hierdie week gesels ons met ‘n apteker, Liezl Joubert. Ons leer heelwat meer oor wat ons in die apteek se rakke en agter die toonbank kry.
Ons ondersoek, vitamines en aanvullings, voorskrifmedisyne en ‘wonders’ uit die voorwinkel…
Wat het ons rêrig nodig? Wat werk? Wat is dalk net goeie bemarking? En wanneer moet ons eerder vra voordat ons sommer self begin sluk, smeer of aanvul?
Luister gerus — beslis ’n gesprek wat jou ’n bietjie beter laat dink oor wat jy daagliks gebruik.
Grys & Gatvol — prontuit, prakties en sonder nonsens. 😏
Geborg deur Probitec. https://probitec.co.za
Reach and audience
Public platform figures. Ratings count people who left a rating, not total listeners.
Spotify
5.0 / 5
5 ratings
Host of Grys en Gatvol?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.
Explore this show Podcast research with Pod Engine