Hello, Vriendin!
Ons lewe in 'n sosatie waarin die gepeupel kan kapitaliseer op kakpraat. Dus, verwelkom ons jou om na 'n potgooi te luister wat die gesprekke tussen twee vriendinne oor allerhande 'topics' opneem. (Nuwe episode elke Maandag)
#hellovriendin #afrikaans #potgooi
In die tiende episode van Hello, Vriendin! reflekteer die twee vriendinne op hul matriekjaar en gee vir nuwe matrikulante 'n paar "tips".
5 Oct 2020
Episode 9 - Afrikaanse TV
In die negende episode van Hello, Vriendin! herroep die twee vriendinne hul gunsteling episodes van gesogte Afrikaanse sepies op die kassie sowel as vriendin Janie se "fifteen minutes of fame" op Die Kliek.
21 Sept 2020
Episode 8 - Afrikaanse Musiek
In die agste episode van Hello, Vriendin! bespreek die twee vriendinne die goed, die sleg en die "catchy" van jou gunsteling Afrikaanse musikante.
14 Sept 2020
Episode 7 - Feeste
In die sewende episode van Hello, Vriendin! praat Janie omtrent Lara se oor af aangaande haar feestelike avonture vanaf die wingerd gebied op Rocking the Daisies tot en met die stowwerige vlaktes van OppiKoppi.
31 Aug 2020
Episode 6 - Klets: Sims, Bohemia en Henry VIII
In die sesde episode van Hello, Vriendin! klets die twee vriendinne oor 'n poespas van onderwerpe onder andere Sims, Bohemia en Henry VIII.
24 Aug 2020
Episode 5 - Nostalgie: Europese Toer
In die vyfde episode van Hello, Vriendin! raak die twee vriendinne nostalgies oor hul eerste oorsese 'trippie' saam: 'n europese toer wat die besoek van die lande Engeland, Frankryk, Switzerland, Italië, Oostenryk en Duitsland insluit.
17 Aug 2020
Episode 4 - Mooimaak Middels
In die vierde episode van Hello,Vriendin! gesels die twee vriendinne oor hul gesogde skoonheid middels en kom hulle tot die gevolgtrekking van wat 'n mens werklik mooi maak (= 'n goeie tan!).
10 Aug 2020
Episode 3 - #SosialeMedia
In die derde episode van Hello, Vriendin! bespreek die twee vriendinne die goed en die sleg van sosiale media.
3 Aug 2020
Episode 2 - Studentwees
In die tweede episode van Hello, Vriendin! gesels die twee vriendinne oor wat dit vir hulle beteken om 'n student te wees in Stellenbosch (SA) en Wimbledon (UK) onderskeidelik.
27 Jul 2020
Episode 1 - Lockdown
In episode een van Hello, Vriendin! gesels die twee vriendinne oor hulle doen en lates tydens 'lockdown' die impak wat dit op hulself, hul naastes en die wereld het.
20 Jul 2020
Inleiding
Die inleidings-episode van Hello, Vriendin! volg die bekendstelling van die twee vriendinne, Janie en Lara. Luisteraars kry 'n voorsmakie van waaruit die potgooi gaan bestaan.
Contact Hello, Vriendin!
Guest appearances
Does not typically book guests
Based on episode analysis; this does not confirm that the show is currently accepting guests.
Host of Hello, Vriendin!?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.
Explore this show Podcast research with Pod Engine