

- 57
- Episodes
- Weekly
- Cadence
- 2025
- First episode
About Hoop Nogtans
Hoop Nogtans bediening deur Francois Bredenkamp https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/ (https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/) https://www.youtube.com/@HoopNogtans (https://www.youtube.com/@HoopNogtans)
- Publisher
- Francois Bredenkamp
- Category
- health & fitness · religion & spirituality
- Language
- en
- Explicit
- No
- First episode
- 18 Nov 2025
- Latest episode
- 12 Oct 2026
Latest episodes
57 episodes in the feed.

12 Oct 2026
AS ONS MAAR NET SOU LEEF WAT ONS PREEK ep. 2635
AS ONS MAAR NET SOU LEEF WAT ONS PREEK In haar outobiografie Climbing, memories of a misionary's wife, vertel Rosalind Goforth van haar 47 jaar as 'n sendeling saam met haar man, Jonathan in China. In 1889, 18 maande nadat hul in China arriveer, sterf hul 11-maande-oue dogtertjie. Die naaste begraafplaas vir buitelanders is meer as 100km weg, en haar man moet dieselfde dag die tog aanpak om sy dogtertjie se liggaampie te gaan begrawe. Rosalind is gebroke. Twee Chinese vrouens sit net buite die venster en praat oor die tragedie wat die sendelinge getref het. Hulle weet nie sy sit op 'n rusbank aan die ander kant van die venster nie. Die vrouens is baie simpatiek. Hulle praat oor Rosalind se mooi eienskappe. Sy praat hulle taal so goed. Sy preek so vurig, sê die een. Die ander voeg by, sy is lief vir die Chinese. Dis net jammer oor haar vinnige humeur! AS SY MAAR NET SOU LEEF WAT SY PREEK! Rosalind is eers baie kwaad; dan oorval die hartseer haar. Maar sy begin dink oor die woorde wat so seermaak: As sy maar net sou leef wat sy preek. Vir jare daarna probeer sy verbeter, maar dit gaan maar swaar. Jare later, in 1916, moet sy en haar man siekverlof neem toe hy baie siek word. In daardie tyd weg van die sendingveld begin sy fokus op 'n waarheid in God se Woord: dat Christus in ons moet werk; ons kan nie Sy karakter in eie krag openbaar nie. Die Here begin haar verander. In 1917 keer hulle terug na China. Na 'n paar maande ontvang hulle besoek van 'n paar vername Chinese kerkleiers. Hulle wil alleen met haar man praat. Na hulle vertrek, lig hy Rosalind wat die doel van hulle besoek is: Hulle wil weet, wat is die geheim, hoekom is sy vrou soveel anders? Jesus wat deur haar werk het haar verander. Sy preek nie net iets nie. Sy leef dit. Jesus leef dit deur haar. Christen-wees gaan nie bloot daaroor om die regte dinge oor Christus te glo nie, maar om al hoe meer soos Christus te word in die manier waarop ons dink, praat, optree en ander mense behandel. Ongelukkig is Christene dikwels die swakste advertensie vir die Christelike geloof. Wat sien die wêreld wanneer hulle na Christene kyk? In 2007 het die Amerikaanse Barna-navorsingsgroep 'n studie gepubliseer oor hoe jong Amerikaners wat nie Christene is nie, die Christendom beskou. • 87% van die deelnemersd aan die navorsing het die Christendom as veroordelend beskryf. • 85% die Christendom as skynheilig beskryf. Die werklikheid is dat daar dikwels 'n groot teenstrydigheid in baie Christene se lewens is. Ons verkondig 'n Verlosser wat liefdevol, vol deernis, nederig, sagmoedig, vergewensgesind en genadig is. Tog ervaar mense soms juis diegene wat beweer dat hulle Hom volg as veroordelend, hoogmoedig, hardvogtig, onvergewensgesind en skynheilig. Ons verkondig genade, maar sukkel om genade aan ander te bewys. En miskien die ontstellendste van alles: Ons kan so gewoond raak aan hierdie teenstrydighede dat dit ons nie eens meer pla nie. Dit konfronteer ons met 'n ongemaklike vraag: Hoe is dit moontlik dat mense wat Jesus Christus volg—die liefdevolste, genadigste en mees deernisvolle Persoon wat ooit geleef het—soms ervaar word as die presiese teenoorgestelde van Hom? Natuurlik is Christene nie volmaak nie. Ons is sondaars wat uit genade gered is. Niemand behoort volmaaktheid te verwag van mense wat nog besig is om deur God verander te word nie. Maar daar is 'n wêreld se verskil tussen 'n Christen wat met sonde worstel en nederig God se genade soek, en 'n Christen wat gemaklik geraak het met gesindhede en gedrag wat lynreg teen die karakter van Christus indruis. Dit is presies die saak wat Paulus in Kolossense 3 aanspreek. Ek deel graag 'n paar insigte met jou hieroor: https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/ https://rss.com/podcasts/hoop-nogtans/

4 Oct 2026
LEEF IN OORWINNING OOR DIE LEUENS VAN DIE DUIWEL ep. 2634
Leef in oorwinning oor die leuens van die duiwel. Die Sydney Morning Herald berig op 10 Julie 2014 oor die Raëliane in Australië, in ‘n artikel, “Raelians and other UFO cults stand firm on their 'out-there' ideas.” Dis ‘n godsdienstige groep met aanhangers van oor die hele wêreld, insluitend sowat 400 aanhangers in Australië, wat glo dat die mensdom nie deur God geskep is nie, maar deur hoogs ontwikkelde ruimtewesens (“extraterrastials”), die Elohim. Elohim is die woord in die Ou Testament vir God. Hulle glo nie in die God van die Bybel nie, maar in ruimtewesens. Hulle stigter is ‘n Fransman met die naam Claude Vorilhon (Raël), beweer dat hy deur die Elohim gekies is as ’n profeet en dat Yahweh die biologiese vader van beide Raël en Jesus is. Hulle verwag uiteindelike kontak met die Elohim en wil selfs ’n diplomatieke “ambassade” bou waar hierdie wesens ontvang kan word. Daar is baie ander UFO-godsdienste. Meeste het gewoonlik een oortuiging in gemeen: nie alleen is die mensdom se oorsprong te danke aan buiteaardse wesens nie, maar die geestelike ontwikkeling van die mensdom en die mens se uiteindelike redding word bepaal deur hierdie buiteaardse wesens. Mense is bereid om die vreemdste dinge te glo, want hulle wil nie die eenvoudige boodskap van Jesus Christus glo nie. Die apostel Paulus rus die jong gemeente in Kolosse toe om vas te staan teen die misleiding van valse leraars. Kolosse is ‘n gemeente wat tot stand gekom het nadat Epafras en Filemon wat in Kolosse woon in Efese was en daar vir Paulus hoor preek het. Nou kom leraars van elders na Kolosse en hulle is besig om groot verwarring te saai. Hulle leer hierdie jong gelowiges, in enkele woorde saamgevat: Dis mooi dat julle in Jesus glo. Ons glo ook in Jesus. Maar jou geloof in Jesus gaan jou nie help om geestelik vooruit te gaan nie. Ons kan jou inlei in die dieper dinge van God, ons kan julle leer hoe om die volheid van God te bemeester. Daar’s meer as Jesus. Daar is verborge kennis en wysheid en openbarings en mistieke belewenisse wat julle niks van weet nie. Dis verborge vir gewone mense soos julle. Kom leer by ons. Ons kan julle inlei in die diep dinge van God. En die mense val vir die misleiding! Die voorganger van die gemeente, Epafras, weet nie hoe om hulle te antwoord nie. Hy vra raad by Paulus. Paulus skryf hierdie brief wat ons Kolossense noem om die vrae van die gelowiges te beantwoord. In die tweede hoofstuk van sy brief fokus hy op geestelike misleiding. Hy wil hulle leer: Leef in oorwinning oor die leuens van die valse leraars. Leef in oorwinning oor misleiding. https://www.facebook.com/francois.bredenkamp/ https://rss.com/podcasts/hoop-nogtans/

4 Oct 2026
GOD SE PLAN VIR JOU IS ‘N VERANDERDE LEWE (Kol. 1:28) ep. 2633
Robert Robinson is in die 1700's in Engeland gebore. As 'n jong man het hy onder die invloed van die bekende Metodiste-prediker, George Whitefield, gekom. Robert het 'n Christen geword en toe sy lewe aan die bediening gewy. Hy was ‘n baie gewilde prediker en mense het toegestroom om na hom te luister. Later kom hy sterk onder die invloed van mense wat ‘n valse leerstelling oor die Godheid van Jesus verkondig het. Daar is ‘n storie dat hy eendag op 'n poskoets sit langs 'n vrou wat verdiep was in die lees van 'n boek. Sy het oor en oor na een spesifieke bladsy in die boek teruggekeer. Uiteindelik het sy na Robinson gedraai en gewys na dit wat sy gelees het. Dit was 'n gesang. Dit begin met die woorde: Come, thou Fount of every blessing; tune my heart to sing thy grace; streams of mercy, never ceasing, call for songs of loudest praise. ‘n Lied wat vandag nog in kerke oor die wêreld heen gesing word. Toe Robinson die eerste reël lees, het hy dadelik van haar af weggekyk. Sy het die gesang weer voor hom gedruk en vir hom vertel hoeveel dit haar geseën het. Uiteindelik het hy na haar gedraai en met trane in sy oë gesê: “Mevrou, ek het daardie gesang geskryf, en ek sou 'n duisend wêrelde gee, as ek hul gehad het, om weer te ervaar wat ek toe gevoel het.” Ironies genoeg het die laaste woorde van die gesang 'n beskrywing gebied van wat skynbaar met hom gebeur het. Die laaste woorde is: “Prone to wander, Lord, I feel it, Prone to leave the God I love; Here’s my heart, O take and seal it; Seal it for thy courts above.” Ons kom na Christus as sondaars. Ons kom as gebroke mense. Seergemaak deur die sonde – ons sonde, en die sondes van ander mense. Ons kom as mense wat verniel is deur omstandighede. Die evangelie gaan om herstel; dit gaan om groei om te word wat God wil hê ons moet wees. En Jesus Christus staan absoluut sentraal in ons redding en in ons geestelike groei en in ons werk vir Hom. Daar is ‘n direkte verband tussen wat die kerk verkondig en wat in mense se lewens gebeur: As Jesus Christus verkondig word – wat Hy gedoen het, wie Hy is – dan verander mense se lewens. As Jesus nie meer die middelpunt is nie, dan word mense nie meer gered nie, dan groei mense nie in hulle toewyding aan die Here Jesus nie, dan word hulle karakter nie meer verander om meer en meer soos die Here Jesus te word nie, dan verflou hulle liefde vir Hom. Dis onvermydelik. GOD SE PLAN VIR JOU IS ‘N VERANDERDE LEWE In die eerste hoofstuk van Paulus se brief aan die Kolossense het hy die Godheid van die Here Jesus so treffend verduidelik. Dit het spontaan gelei tot sy lieflike gebed vir hulle. Dan kom hy in Kol. 1:28, “Hom verkondig ons, terwyl ons elke mens vermaan en elke mens in alle wysheid onderrig, om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel.”
Contact Hoop Nogtans
- Guest appearances
- Does not typically book guests
Based on episode analysis; this does not confirm that the show is currently accepting guests.
Host of Hoop Nogtans?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.
Explore this show
Podcast research with Pod Engine