Kuier saam met twee vriende wat aktuele en ongewone kwessies bespreek oor ’n glas wyn - Louis is ’n kliniese sielkundige, skrywer, asook ’n gereelde en bekende stem op radio . Heinz is ’n mediese spesialis, skrywer van boeke en rubrieke, asook 'n kunstenaar. Kom besoek gerus ons webtuiste by https://ingesprek.co.za/ (https://ingesprek.co.za/)
Weg van jou geboorteland by die Breytenbach Sentrum
Louis en Heinz besoek die Breytenbach Sentrum in Wellington, waar Breyten se teenwoordigheid en invloed heers. Hulle bespreek emigrasie en ontwortelings as 'n tema, en praat oor die impak daarvan om jou geografiese wortels te verloor. Kom besoek gerus ons webtuiste by https://ingesprek.co.za/ (https://ingesprek.co.za/)
21 Jul 2023
Heinz kuier by Uri Geller
Louis en Heinz bespreek die fenomeen van buitengewone en unieke mense, en gesels oor Uri Geller en die wêreldwye aanhang wat Geller nog steeds geniet. Heinz deel besonderhede van sy besoek aan Uri Geller in Tel Aviv, asook details oor die rare en besondere artifakte in Geller se museum. Kom besoek gerus ons webtuiste by https://ingesprek.co.za/ (https://ingesprek.co.za/)
17 Mar 2023
Wie's jou oom?
Hoe toepaslik is dit om iemand as Oom of Tannie aan te spreek? Hoe is aanspreekvorme verwant aan respek, en hoe verskil dit onder sub-kulture in Suid-Afrika? Louis en Heinz vra of respek nie iets is wat verdien moet word nie, en praat oor die platinum-reël van respek teenoor andere. Hulle gesels ook oor hoe hierdie onderwerp verwys na selfrespek. Besoek ons webtuiste by https://ingesprek.co.za (https://ingesprek.co.za)
27 Feb 2023
Die Angsmonster
In hierdie episode praat Louis en Heinz oor een van die grootste bedregings van gesondheid en geluk: Angs (Stres). Wat is die organiese en sielkundige oorsake van hierdie groeiende wêreldwye epidemie? Daar word bespreek hoe angstigheid op verskillende maniere die lewe sleg maak, asook oor wat die verreikende implikasies vir ons almal is. Kom besoek gerus ons webtuiste by https://ingesprek.co.za/ (https://ingesprek.co.za/)
25 Feb 2023
Geen leier is beter as ‘n swak leier
Louis en Heinz betreur die toestand van leierskap regoor die wêreld, en veral in Suid-Afrika. Waarom volg mense leiers na wat hulle net benadeel? Hoe verwant is leierskap aan boelie, en het mense enigsins leiers nodig? Die twee bespreek groepdinamika en wonder oor wat moontlik oplossings kan wees vir die negatiewe gevolge van swak leierskap. Kom besoek gerus ons webtuiste by https://ingesprek.co.za/ (https://ingesprek.co.za/)
25 Feb 2023
Wat sien sy in hom?
Louis en Heinz gesels oor wat mense op mekaar laat verlief raak, en watter faktore ‘n rol daarin speel. Maar is hierdie faktore dieselfde faktore wat mense verlief hou, of wat verhoudings op ‘n langtermyn laat uitwerk? Wat sien die 35-jarige model in die bles ou man van 74? Die twee bespiegel ook oor hoeveel vrye wil mens eintlik het as dit kom by aantrekkingskrag. Kom besoek gerus ons webtuiste by https://ingesprek.co.za/ (https://ingesprek.co.za/)
24 Feb 2023
Hoe swart is jou hond?
Is depressie meestal ‘n “chemiese wanbalans in die brein?” Hoekom werk medikasie oënskynlik vir sekere mense en vir sekere mense nie, of werk dit engsins? Louis en Heinz wonder saam of daar antwoorde vir die verstaan en behandeling van die swart hond is, en indien wel, wat hierdie antwoorde kan behels. Kom besoek gerus ons webtuiste by https://ingesprek.co.za/ (https://ingesprek.co.za/)
Contact In gesprek met Louis en Heinz
Guest appearances
Does not typically book guests
Based on episode analysis; this does not confirm that the show is currently accepting guests.
Host of In gesprek met Louis en Heinz?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.
Explore this show Podcast research with Pod Engine