Ons het almal al die pyn beleef wanneer iemand ons van iets beskuldig wat ons eerlikwaar nie gedoen het nie! Of wanneer ons 'n skinderstorie hoor wat heeltemal van die waarheid ontbloot is! Dit maak seer.Omdat ons almal deesdae op een of ander manier swaarkry, raak ons maklik selfgefokus. Voeg daarby die ure wat ons op skerms deurbring en na mekaar se stories kyk sonder om werklik kontak te maak – en dit lei daartoe dat ons al hoe meer ENKEL-STORIE-BEELDE van mekaar vorm.Leer in hierdie boodskap om met nuwe oë na God, jouself en jou medemens te kyk, en dalk vir die eerste keer regtig die mens agter die prentjie raak te sien!www.harvestercederberg.co.za/die-gevaar-van-die-enkel-storiebeeld/
6 Sept 2026
#3 Watter Geestelike Beginsels Kan Ons Leer van die ATLEET
Die “atleet” taal en metavoor word dikwels gebruik in die NT, met goeie rede. DIe atleet is die beste voorbeeld van die beginsel van ONTHOUING, weerhouing, terughou, opoffering en dissipline wat die verg om ’n olimpiese medalje te verower. “Onthou hom van alles” vertaal die Grieks enkrateuetai, van enkrateia — selfbeheersing. Dit is nie ’n toevallige eienskap wat sommige mense het en ander nie besit nie; dit staan later in Galasiërs 5:22 (https://www.youtube.com/watch?v=7OxRGhn15zg&t=322s&pp=0gcJCWMAwfN6Pr3D)-23 as vrug van die Gees, langs liefde en vreugde en vrede. “Ek kasty” is hupopiazo — bokstaal, letterlik om iemand ’n blouoog te gee. Paulus verklaar nie oorlog teen sy liggaam as vyand nie; hy plaas dit onder bevel as rekruut en dissipel. Dit moet leer volg, nie lei nie.Ons het almal nodig om geestelik FIKS en STERK te wees in hierdie tye wat ons leef! Leer in hierdie preek hoe om dit reg te kry! Preeknotas: www.harvestercederberg.co.za/watter-geestelike-beginsels-kan-ons-leer-van-die-atleet/
30 Aug 2026
#2 Watter Geestelike Beginsels leer ons van die SOLDAAT?
#2 Watter Geestelike Beginsels leer ons van die SOLDAAT? 'n Soldaat gee sy lewe weg lank voor hy ooit 'n vyand sien. Die oomblik wat hy die eed aflê, hou hy op om aan homself te behoort.Paulus gebruik presies daardie beeld vir jou: "Ly saam met my as 'n goeie soldaat van Christus Jesus" (2 Tim 2:3)."Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my." — Galasiërs 2:20 (https://www.youtube.com/watch?v=jsdtOHo4Wto&list=PLDBsUkScGzd5Lm_C6HswmnoL52aPFjb9y&index=3&t=140s)Ons kyk hierdie Sondag na een van die kwaaiste vormingsprosesse waaraan mense hulleself onderwerp, die opleiding van 'n Amerikaanse Navy SEAL — en wat dit ons leer oor wat dit werklik beteken om Christus te volg. Preeknotaswww.harvestercederberg.co.za/wat-se-geestelike-beginsels-kan-ons-leer-van-die-soldaat/
Reach and audience
Public platform figures. Ratings count people who left a rating, not total listeners.
Apple Podcasts (US)
5.0 / 5
1 ratings
Spotify
5.0 / 5
2 ratings
Contact JanOosthuizen
Guest appearances
Books guests
Based on episode analysis; this does not confirm that the show is currently accepting guests.
Host of JanOosthuizen?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.
Explore this show Podcast research with Pod Engine