The John Deere Africa podcast series gives listeners a chance to hear from people, which typically relate to John Deere and/or the business of agriculture.
Cog van der Colff boer reeds die afgelope 20 jaar op ‘n familieplaas van 200ha in die Upington-omgewing, op die oewers van die Oranjerivier, wat tafeldruiwe, rosyne en pakanneute produseer. Cog het in 2006 na organiese boerdery oorgeskakel en ‘n paar jaar later sy eerste suksesvolle oes gelewer.
Die boerdery het van krag tot krag gegaan, en in 2011 is Cog aangewys as Agri SA/Toyota se ‘Boer van die Jaar’. Die plaas beskik boonop oor sy eie verpakkingsfasiliteit vir rosyne, wat ‘n addisionele bron van inkomste en werkskepping bied, en verlede jaar het Cog ook ‘n lisensie bekom om cannabis, vir medisinale doeleindes, te produseer vir uitvoer na Kanada.
27 Nov 2020
Zander Ernst
Tzaneen staan bekend as bosbouwêreld, met klem op veral denne- en bloekomplantasies. Zander Ernst, ‘n vierde-generasie boer wie se oupagrootjie bykans 100 jaar gelede hom hier gevestig het, se familie het egter twee dekades gelede begin om hul bloekom om te skakel na avokado’s toe.
Die feit dat hulle reeds oor ‘n wêreldklas avokado-kwekery beskik het, het die omskakeling vergemaklik, en vandag maak Allesbeste-boerdery ‘n noemenswaardige deel uit van Tzaneen se avo-produksie - wat 40% van Suid-Afrika se avokado’s lewer.
26 Nov 2020
Vickie van der Westhuizen
Vickie van der Westhuizen en sy broers het grootgeword op hul pa se plaas in die Parys-distrik. Die droogtes en hoë rentekoerse van die Negentigerjare, het hom en sy broers genoop om die grond onderskeidelik op te koop ten einde die plaas te red, en Vickie het sy plaas, Weiveld, oor die afeglope twee dekades opgebou tot een van die susksesvolste saaiboerderye in die distrik.
Boonop het hy ‘n paar jaar gelede ook ‘n voerkraal op die been gebring. Die volgende stap in die uitbreiding van sy bedryf is ‘n eie meule, want ten einde meer volhoubaar te wees is dit noodsaaklik om ‘n mens se produk verder te neem en van die middelmanne uit te sny.
Reach and audience
Public platform figures. Ratings count people who left a rating, not total listeners.
Apple Podcasts (US)
5.0 / 5
1 ratings
Contact John Deere Africa
Guest appearances
Books guests
Based on episode analysis; this does not confirm that the show is currently accepting guests.
Host of John Deere Africa?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.
Explore this show Podcast research with Pod Engine