Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie.
GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”!
Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem.
GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie.
GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”!
Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem.
GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.
22 Nov 2022
#JouMenseMyMense saam met SPAR – Dié hoop beskaam nie…
Madelein Bonthuys het vir ons ‘n epos gestuur rakende ‘n vriendin wat deur groot trauma is verlede jaar, net voor Kersfees. Wanda, haar seun en dogter, het hulle geliefde pappa en man aan die dood afgestaan. Die proses was geweldig traumaties, en, alhoewel hy ‘n diabeet was wat uitdagings met sirkulasie en amputasie gehad het, was sy dood ‘n groot en skielike verrassing. Wanda se hart is nog baie seer, en trek tans baie swaar met die dat sy ‘n klein inkomste verdien wat aan haar en veral haar seun se behoeftes moet voorsien.
Wanda se man, Craig, het op ‘n dag siekgeword en gekla oor lyfseer. Hulle was dokter toe, waarna die dokter hulle na die hospitaal verwys het. Hulle het nie medies nie, en is na Steve Biko toe. Dinsdagoggend het hulle na die hospitaal vertrek, met hulle seun wat gehelp het om sy pa in die voertuig te laai. Toe hulle by ongevalle arriveer, moes Craig eers ‘n Covid-toets doen. Craig, wat reeds ‘n geamputeerde toon gehad het as gevolg van sy diabetes, het genoem dat hy nie sy bene kan voel nie. Uiteindelik is hy na ‘n lang proses van Covid-vrywaring in ‘n hospitaalkamer in.
Hy is gelukkig toe op ‘n bed, maar nog steeds in isolasie as gevolg van ‘n vermoede dat hy aan breinvliesontsteking ly. Die dokters het toe agtergekom dat daar ‘n bloedklont in sy rug in geskiet het. Die dokter het vir Wanda later geskakel en ingelig dat hulle sy ‘gesonde’ been gaan amputeer. Hy het na hierdie amputasie septisemia gekry, wat gevolg het op ‘n rooi uitslag op sy vel. Wanda noem dat, toe die septisemia behandel is, dit baie beter gegaan het. Sy sê na 53 dae het sy vir die eerste keer hoop gehad! Maar, dis ongelukkig nie hoe hierdie verhaal eindig nie…GROOTfm 90.5 het gaan kuier.
16 Nov 2022
#JouMenseMyMense saam met SPAR – ‘n “Attitude of Gratitude”
Dis hoe Lalie Reyneke elke oggend wakkerword…
Lalie Reyneke is ‘n buitengewone mens. Ondanks groot trauma wat sy die afgelope jaar beleef het, en nog steeds doen, is sy ‘n sprankel, ‘n inspirasie en ‘n onblusbare vlam! Sy sê die volgende: “Ek is meestal positief, maar glo my... ek huil... baie. Saans as niemand my hoor nie, want ek ontstel hul net. Dis meestal van pyn.
Na die trane wat my siel skoon was sit ek by Vader se voete, dis waar ek berusting kry. Daai trane genees ook baie ánder dieperliggende emosies waarvan mens nie weet nie.
Soooo... Ek is nie altyd so braaf nie! But God.....”
Lalie het verlede jaar in ‘n hek-paal vasgeloop, waarna sy na haar been gekyk het, en moes aanskou hoe haar been vir haar ‘gaap’ as gevolg van ‘n groot sny wat sy opgedoen het as gevolg van ‘n geroeste paal wat uit die hek uitgesteek het. Haar vriende het haar in die huis ingedra, en sy haar geheue verloor. Vrydagoggend is sy na ‘n dokter toe vir steke, anti-biotika en ‘n klem-in-die-kaak inspuiting. Daardie aand het sy nie geslaap nie, en die volgende dag is sy terug na die dokter toe vir nog ‘n klem-in-die-kaak inspuiting. Met tuiskoms het sy aan die slaap geraak, en haar vriende het haar gelos, sodat sy slaap. Dis hier waar sy in ‘n koma beland het. Haar been het intussen pers geword en blase gevorm. Haar vriende het haar na die hospitaal toe gejaag waar hulle haar op ‘n ventilator gesit het. Dokters het vir haar suster gesê hulle moet haar groet. Lalie kan niks onthou nie. Die dokters het met haar suster meegedeel dat sy ‘n vleisetende bakterie opgetel het en dat hulle dadelik haar been moet amputeer.
Lalie het in Januarie vanjaar begin spaar vir prostese. Sy sê sy is iemand wat nie kan stilsit nie, en sonder ‘n been, is die vooruitsig van beweging waaraan sy gewoond is, ondraaglik. Min wetend, dat die fondse wat sy so proaktief bymekaarmaak sou gebruik word vir nog ses amputasies… Na aanleiding van ‘n hulpkreet gerig deur ‘n baie goeie vriendin, Petra Nortje, het GROOTfm 90.5 gaan kuier…
Contact #JouMenseMyMense
Guest appearances
Books guests
Based on episode analysis; this does not confirm that the show is currently accepting guests.
Host of #JouMenseMyMense?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.
Explore this show Podcast research with Pod Engine