15. Drama & Blowjobs // Die real housewives van Van Hunks
Kaap Naar is terug, ons is uit die ateljee en in die kroeg. Ons klets die botox ryke karakters van die wynlande, die regte Kaap Naar, hoe was ‘n 26 jarige se beleefnis by Matriekvakansie, kitchkoffie, en die anti-crocs agenda.
7 Feb 2023
14. Hot Dog Ingeneurswese 101 // Vis & Tjips Mecca
Deadlines is belangrik. Hierdie episode het definitief nie die deadline bereik nie. Hierdie episode was bedoel om lank terug uit te kom, oeps. Ons klets oor die deftige plekkies waar Andries uithang en skemerkelkies drink. Die groot horrog debat van 2022. Doerie se ontydige vis en tjips liefde. Bitcoin of 'n stoute Chicken Mayo Panini?
Vind ons hier:
https://linktr.ee/kaapnaar
11 Nov 2022
13. Jagse ou tannies // Mercury is in Powerade
Ons klets Oktober se rede om te drink. Watse celebs moet ons kry om 'n vrugteslaai te maak op die pot? Andries probeer (onsusksesvol) 'n vuur onder Doerie se gat aansteek. Jagse ou tannies en spiritualiteit dryf ons tot chaotiese buie. Doerie is vol grappies soos hy sy beleefnis van Rocking the Daisies hervertel.
Stel asseblief voor watse speletjie ons kan speel vir ons weddingskap!!!
Vind ons hier:
https://linktr.ee/kaapnaar
28 Oct 2022
DOERIE EN DRIES KIES EKSKLUSIEF: Die Dag Toe Guppie Sweef
Narwerk, Komedie, Kids! Doerie en Dries klets oor die nuutste produksie vanaf Motorhuis Productions: Die Dag Toe Guppie Sweef.
Hierdie produksie kan te kyke word by die Galloway Teater vanaf 10-12 November 2022! Kyk gerus, bring die date se klein boetie, bring die oupa in sy rolstoel en kom lag saam!
14 Oct 2022
12. Dis snaaks dat ons probeer // Litnet is Lit
ONS DRINK BROOKS. Na die verlore episode klets die kerels baie oor net maar niks. Dis dalk ou nuus, maar ons gesels oor die koninging se sterfte, asook die koning se nuwe lewe. Daar is 'n woefie in Studio!
Andries klets oor sy beleefnis by 'n klub in die middestad (se ry). Doerie probeer mense wys hoe om te flirt. Die slag van Witrivier. Afrikaanse TikTok. Nandos.
27 Sept 2022
PRETPAKKET: Die Verlore Episode
Durand vergeet om die kamera aan te sit. So ons maak toe 'n pretpakket, vol hooftrekke, jazz, kitch, kommin, koel. Julle kan ook hoor hoe ons ons eerste moontlike borg proe. Wat 'n f#kop.
Vind ons hier:
https://linktr.ee/kaapnaar
9 Sept 2022
11. BOEPS, BOYS EN BOOBS // Stoppit met die D#ck Pics
Die troep het gepraat, jou flam is uitgeblis. Doerie en Dries gesels Survivor, huis van drake, en die boitjies. Watse superhero sal ons graag wil doen. Maroela Media, Solidariteit, is dit nasionalisme? Dit raak maar 'n bietjie heavy. Doerie maak verdere lee beloftes. BUFFELSFONTEIN, ons kom vir julle.
Vind ons hier:
https://linktr.ee/kaapnaar
25 Aug 2022
10. Moshpits + Monopoly = Diverse Potgooi // Hierdie episode is vir die mammas
Bakkies wat fight. Doerie wat mosh. Die monster wat skut. Dries wat monopoly.
Ons praat oor sentimentele aanhegsels van verskeie goedere of tewel "Hoarding". Wat behoorlike teater etiket behels. Bakke, potte, en kitch kombuis kakkies. Doerie is onvoorbereid soos altyd.
Vind ons hier:
https://linktr.ee/kaapnaar
18 Aug 2022
9. Die episode met 'n identiteits-krisis // Wit-water wilde weste
Die kerels gesels oor hulle planne van vroue dag, met die uitkoms dat Durand 'n great man is, maar 'n kak seun. Andries het 'n ongemaklike scenario beleef by die flieks. ONS HOOR UITEINDELIK DIE RIVER-RAFTING STORIE, A+++. Yoga is gevaarlik vir jou rug. Was ons onderwysers sketchy? Branderplankryers is bietjie eksklusief. Ons begin episode 10, maar perongeluk, soortvan. Nog 'n paar speletjies word gespeel en mee geeksperimenteer.
Vind ons hier:
https://linktr.ee/kaapnaar (Vind ons hier: https://linktr.ee/kaapnaar)
31 Jul 2022
8. Trippel Trauma // Die Kgalagadi deurdruk MET: MILAN (CHILD OF EARTH)
Andries is terug na hy die elemente van die Kgalagadi moes veg - onder andere: 'n gesope oom met 'n potjiekos-talent, 'n emmer, en 'n paar kleuters wat aan-aan speel. Die aanbieders word vergesel deur musikant Milan (Child of Earth) wat 'n jolige dinamiek aan die ateljee bring. 'n Stem uit die bloute word ook gehoor soos ons plaasvervanger-vervaardiger Braaid Ferreira sy bes probeer.
Vind ons hier:
https://linktr.ee/kaapnaar
22 Jul 2022
7. KANNIBALISME!?! // Joepert dryf af 'n waterval. MET: DANÉ DE WAAL
Kannibalisme op Youtube, Reeksmoordenaars op Netflx, en 'n getrekte celeb in die Woolies. Durand word vergesel deur Dané, en hulle gesels oor wat is regtig in 'n naam? Die oom op TikTok leer ons om in Afrikaans te sê; "ons voel onveilig". Tattoos, Spray Tan, en Bokswyn. Kom saam en raak Kaap Naar.
Vind ons hier: https://linktr.ee/kaapnaar
16 Jul 2022
6. 'n Stoute Opnaar in Aandklas // is ons 'n musiek-pot-gooi?!? MET: ERICK ZULCH
Doerie delf oor sy eensaamheid sonder Andries, maar gelukkig op die laaste oomblik vind hy 'n plaasvervanger in Erick. 'n Afrikaans sprekende musikant, maar al die musiek is in Ingels. Hulle praat oor stories uit die optree-bank, geraamtes in hul kaste, en 'n luisteraar-aangedrewe KKofK?
Vind Erick Hier:
Insta: https://www.instagram.com/erick.zulch.music/
Apple: https://music.apple.com/us/artist/erick-zulch/1461337709
Spotify: https://open.spotify.com/artist/3umOWTXLA6p8X5harn5med?si=9Qjo5y1dSp20YFhrAgGiIQ
Vind ons hier: https://linktr.ee/kaapnaar
9 Jul 2022
5. Is Pieter Koen Hot!? // Rooi Bul Brigade
Blou bul gee jou vlerkies en verdere politiek rakende energie drankies. Ons gesels alles Afrikaanse musiek, MK, Nikkie Lou, Koert Darren. Is die MCU behoorlike film? Wat presies is die verskil tussen hengel en visvang?
Vind ons hier: https://linktr.ee/kaapnaar
30 Jun 2022
4. ANDRIES IS MOER TOE // 'n Vlieënde Voël by die rugby
ANDRIES IS MOER TOE. BEURTKRAG! KENOBI! SPIROS! Durand beleef 'n vlieënde voël by die rugby. Was polisiekar van destyds 'n bietjie... kitch? Nuus met Dries is met vakansie. Ons probeer ons oudisie vir Fiësta deur te praat oor musiekfeeste.
Vind ons hier: https://linktr.ee/kaapnaar
23 Jun 2022
3. Vindaloo is VFH // Die gesensorde episode
Doerie se agterent is aan die brand na 'n vurige konfrontasie met 'n kerrie-huis. Is Ashtu Kitchener en sy Pakkemans duiwels? Wie moet mens nou nooi na jou troue toe? Andries se huiswerk is 'n sekspartytjie in Afrikaans. 'n Voertuig gedrewe Kitch, Kommin of Koel laai ons uiteindelik af in Gauteng.
Dis 'n korter ene maar dis 'n lekker ene - luister saam en hoor wat maak ons... Kaap Naar
Kry ons hier:
@kaapnaar | Linktree (https://linktr.ee/kaapnaar)
16 Jun 2022
2. Onbekende Bier!?! // Elke drommer se hare hang tot hul p*ephol
Nes 'n tweede-jaar universiteit student terug vir oriëntasie week, ons drink op ons tweede episode!
Durand is 'n voorstaander vir Casper, Johan, en Riaan. Verdere sondes in die kerk word beskryf met haglike gevolge. Die polisie in Hartenbos het 'n kiekie van Andries in die stasie!?! Juanita se wysheid rakende verskeie lengtes word bespreek. Laastens, 'n luisteraar stel op hierdie episode se Kitch, Kommin, of Koel!
Vind ons hier: https://linktr.ee/kaapnaar
8 Jun 2022
1. Wat is kitch? // Andries huil in die kerk
Welkom by episode 1 van Kaap Naar!
Andries en Doerie gesels oor 'n hele klomp dinge, die dilemma van laerskool sokkies, is brandewyn 'n goeie item vir jou tinder, hoe moeilik is Wiskunde olimpiade nou regtig, en die oorsprong van ons name - asook die implikasie dit het op jou dominee.
Kom klets saam met 'n Valie en 'n Durbanvilleniet oor wat maak ons... Kaap Naar
Reach and audience
Public platform figures. Ratings count people who left a rating, not total listeners.
Spotify
4.6 / 5
11 ratings
Contact Kaap Naar
Guest appearances
Books guests
Based on episode analysis; this does not confirm that the show is currently accepting guests.
Host of Kaap Naar?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.
Explore this show Podcast research with Pod Engine