Stap In 'n Wêreld van Klank: Kom verken saam met Jasper Jansen die geheime van omgewing-siklusse en die kuns van luister. Maak jou oë toe, sit jou oorfone op, ontspan, en ervaar binaural audio wat jou sirkel in die werklikheid uitbrei en jou na 'n nuwe wereld vervoer. Luister nou en ontdek 'n nuwe dimensie van die klanke om ons.
Ons woon die Chinese nuwejaarsvierings by by die Nan Hua Budiste Tempel in Bronkhorstspruit.
Onthou om altyd met oorfone te luister.
Musiek verskaf deur Quinton Pendle.
Indien jy van sy dienste gebruik wil maak, kontak hom gerus per E-pos: qpendle@gmail.com
21 Feb 2025
Wildtuin: Leeus Eet
Ons sluit ons wildtuin reeks af met hierdie opname van 'n trop leeus wat heerlik aan die laaste oorblyfsels van 'n blou wildebees knaag. Ek hoop van harte julle het die wildtuin reeks geniet.
Onthou om altyd met oorfone te luister.
Musiek verskaf deur Quinton Pendle.
Indien jy van sy dienste gebruik wil maak, kontak hom gerus per E-pos: qpendle@gmail.com
14 Feb 2025
Wildtuin: Hyenas in hul Den, Buffels en Olifant
Vandag is 'n baie besonderse episode. Ek voel baie bevoorreg om dit met julle te kan deel. Ons luister na hyenas in hul den. Dan wag ons vir 'n masiewe trop buffels om deur 'n modderplas oor die pad te stap. Ons sluit af met 'n olifant wat stap langs die pad.
Onthou om altyd met oorfone te luister.
Musiek verskaf deur Quinton Pendle.
Indien jy van sy dienste gebruik wil maak, kontak hom gerus per E-pos: qpendle@gmail.com
7 Feb 2025
Wildtuin: Grasvreter Versameling
Hierdie is 'n samestelling van 'n paar kort opnames, hoofsaaklik van diere wat rustig wei.
Onthou om altyd met oorfone te luister.
Musiek verskaf deur Quinton Pendle.
Indien jy van sy dienste gebruik wil maak, kontak hom gerus per E-pos: qpendle@gmail.com
31 Jan 2025
Wildtuin: Olifant, Rooibokke en Blou Wilde Beeste
Vandag luister ons hoe 'n olifant grou vir water in 'n droë rivierbedding. Ons luister na 'n trop rooibokke met babas. Dan sluit ons af met blou wilde beste wat wei.
Onthou om altyd met oorfone te luister.
Musiek verskaf deur Quinton Pendle.
Indien jy van sy dienste gebruik wil maak, kontak hom gerus per E-pos: qpendle@gmail.com
24 Jan 2025
Wildtuin: Seekoeie en Waterbokke
Welkom by ons reeks van 5 episodes waar ons na opnames uit die Kruger Nasionale Wildtuin gaan luister.
In vandag se opname, luister ons na seekoeie en waterbokke. Die wildtuin was vreeslik droog en dit was bloedig warm toe ons daar was. Dit was vir my 'n groot voorreg om hierdie opnames te kon maak en ek deel dit graag met julle met 'n baie dankbare hart dat ek so geseënd is om die natuur se klanke te kon opneem. Mens ervaar God se nabyheid so ongelooflik in tye soos hierdie.
Onthou om altyd met oorfone te luister.
Musiek verskaf deur Quinton Pendle.
Indien jy van sy dienste gebruik wil maak, kontak hom gerus per E-pos: qpendle@gmail.com
17 Jan 2025
Kom Ons Ry
Ek gaan nie in hierdie episode vooraf met julle gesels nie. Ons klim in die kar, jy in die pasasiersitplek, en ons vat die pad Kruger Nasionale Wildtuin toe. Jy ry saam tot by Millys. Hierdie episode is om jou te help afskakel as jy bietjie wil ontspan, so luister op 'n stil plek as jy rustig is. Daar is mos min dinge wat 'n mens so vinnig aan die slaap maak soos wanneer die wiele begin draai.
Comment asseblief gerus en laat weet wat julle dink.
Onthou om altyd met oorfone te luister.
Musiek verskaf deur Quinton Pendle.
Indien jy van sy dienste gebruik wil maak, kontak hom gerus per E-pos: qpendle@gmail.com
10 Jan 2025
Sound Scapes: Ons Pak vir die Wildtuin
Ontspan met die klanke van die huis en die buurt rondom jou terwyl ons inpak vir 'n wegbreek na die Kruger Nasionale Wildtuin.
3 Jan 2025
Sound Scapes: Ons Hou Nuwejaar
Kom hou saam met ons nuwejaar. Ek en Marishke braai 'n lekker skaap tjoppie en gaan die nuwe jaar lekker rustig by die huis binne. Maak toe jou oê en geniet die klanke van die buurt om jou.
Onthou om altyd met oorfone te luister.
Musiek verskaf deur Quinton Pendle.
Indien jy van sy dienste gebruik wil maak, kontak hom gerus per E-pos: qpendle@gmail.com
27 Dec 2024
Die Diere Is Honger
Kom ons gaan beskou die diere wat so lekker met ons gesels het by die kampvuur, van nader.
Onthou om altyd met oorfone te luister.
Musiek verskaf deur Quinton Pendle.
Indien jy van sy dienste gebruik wil maak, kontak hom gerus per E-pos: qpendle@gmail.com
20 Dec 2024
Kampvuur in die Natuur vir Slaap en Ontspanning
Kom sit saam met my by my kampvuur in die bos. Maak jou oë toe en gebruik die volgende uur om af te skakel. Hierdie episode is langer juis met die doel op slaap en ontspanning. Ek is die hele tyd saam met jou by die vuur om dit aan die gang te hou terwyl jy rus. Ek sit later vir jou nog hout op en as ons klaar is, spuit ek die vuur dood, want in die natuur is dit net die regte ding om te doen. PS, ek merk die episode as explicit, want ons bure was nogal loud en daar kon dalk iets deurgeglip het wat ek nie kon uitedit nie. Geniet dit saam met my by die vuur.
Onthou om altyd met oorfone te luister.
Musiek verskaf deur Quinton Pendle.
Indien jy van sy dienste gebruik wil maak, kontak hom gerus per E-pos: qpendle@gmail.com
13 Dec 2024
Soundscapes: Ons Pak Uit
Hierdie is die eerste keer waar ons, waarna ek verwys as 'n sound scape, gaan ervaar. Dit is 'n verskeidenheid klanke rondom jou wat jy kan gebruik om jou in die situasie in te leef of om net vir 'n paar minute af te skakel en te ontspan.
Onthou om altyd met oorfone te luister.
Musiek verskaf deur Quinton Pendle.
Indien jy van sy dienste gebruik wil maak, kontak hom gerus per E-pos: qpendle@gmail.com
6 Dec 2024
Kom Ons Vlieg
Vir ons eerste klank avontuur, vat ons 'n vinnige flip in 'n helikopter. Geniet dit.
Onthou om altyd met oorfone te luister.
Musiek verskaf deur Quinton Pendle.
Kontak hom per E-pos: qpendle@gmail.com
30 Nov 2024
Intro
As jy wil weet waaroor hierdie podcast gaan, luister net.
Onthou om met oorfone te luister.
Musiek verskaf deur Quinton Pendle. As jy van sy dienste gebruik wil maak, kontak hom gerus per E-pos: qpendle@gmail.com.
Reach and audience
Public platform figures. Ratings count people who left a rating, not total listeners.
Spotify
5.0 / 5
6 ratings
Host of Klank en Sand?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.
Explore this show Podcast research with Pod Engine