

- 19
- Episodes
- 2021
- First episode
About Minkie se Kombuis - Kuiers om die Kombuistafel
n Lekker Kook en Leefstyl Joernaal in Afrikaans
- Publisher
- Minkie se Kombuis
- Category
- education
- Language
- af
- Explicit
- No
- First episode
- 7 Jan 2021
- Latest episode
- 4 Oct 2024
Latest episodes
19 episodes in the feed.

4 Oct 2024
#19: Bemark Jou Besigheid Slim Op ‘n Begroting
Het jy al ooit gewonder hoe om jou besigheid te bemark sonder om ‘n fortuin te spandeer? In hierdie waardevolle episode van Minkie se Kombuis, deel ek praktiese en begrotingsvriendelike wenke om groot resultate te kry met slim bemarkingstegnieke. Van sosiale media tot vennootskappe en e-posbemarking – hierdie episode het alles wat jy nodig het om jou besigheid te laat groei sonder om jou sak te breek! 🎯 Luister nou vir slim, koste-effektiewe strategieë. Gesels saam op facebook by Minkie se Kombuis

4 Oct 2024
#18: Herontdek Jou Selfvertroue Ná 40: Vier Jou Waarde!
Voel jy soms asof die lewe ná 40 jou waarde verminder het? In hierdie inspirerende episode van Minkie se Kombuis, gesels ek oor hoe ons ons selfvertroue weer kan opbou, ons waarde kan herontdek, en met nuwe selfliefde kan vorentoe beweeg. Ek deel praktiese wenke om jou innerlike dialoog te verander, klein oorwinnings te vier, en uit jou gemaksone te stap. Sluit aan vir ‘n motiverende gesprek wat jou laat voel asof jy weer ‘n krag is om mee rekening te hou! Gesels saam op Facebook by Minkie se Kombuis

4 Oct 2024
#17: Slim Wenke vir ‘n Keto-Leefstyl
Het jy al gewonder hoe om keto in jou besige lewe in te pas sonder om oorweldig te voel? In hierdie episode van Minkie se Kombuis deel ek my beste, slim wenke om keto maklik deel van jou daaglikse roetine te maak. Van maaltydvoorbereiding tot gesonde peuselhappies, ek het vir jou praktiese en haalbare idees! Luister saam en leer hoe jy keto kan navigeer sonder dat dit soos ‘n voltydse werk voel. Gesels saam op Facebook by Minkie se Kombuis

14 Aug 2024
#16: 'n Praktiese Bemarkings Plan Vir Jou Besigheid! 🌟
As jy voel jou bemarking sukkel of jy weet nie waar om te begin nie, is hierdie episode net vir jou. Ontdek hoe om 'n slim, eenvoudige en effektiewe bemarkingsplan vir jou besigheid te skep wat werklik werk. Luister nou en begin jou besigheid bemark soos 'n pro! 📈✨ #MinkieSeKombuis #Bemarking #BesigheidGroei #SlimBemarking

14 Aug 2024
#15: Tydsbestuur vir die moderne vrou
Ons nuutste episode, "Bestuur Jou Tyd Beter as 'n Moderne Vrou van 40+", is nou op die lug! Hierdie week praat ek oor hoe om jou tyd slim te bestuur in ons besige lewens. 🎯 Kom luister saam vir waardevolle wenke oor prioriteite, die hantering van afleidings, en die belangrikheid van tyd vir jouself. 🌸 Moenie hierdie een misloop nie – dit is vol inspirasie en praktiese raad vir elke vrou wat haar tyd optimaal wil benut. Lekker luister en deel gerus jou gedagtes! 🌟 #NuwePotgooi #VrouVan40Plus #BestuurJouTyd #Inspirasie

10 Jul 2024
#14: Bemarking met 'n Skop: Slim Wenke vir Jou Besigheid
Bemarking is die sleutel tot groei in enige besigheid, maar dit hoef nie jou bank te breek nie! 💡 In die jongste episode van Minkie se Kombuis, deel ek slim wenke oor hoe jy jou besigheid kan bemark sonder om ‘n fortuin te spandeer. Van sosiale media-strategieë tot begrotingsvriendelike idees – hierdie episode is perfek vir elke besigheidseienaar wat groot resultate wil sien met ‘n klein begroting. 🎯 Luister nou na ons inspirasievolle gesprek en kry praktiese idees om jou besigheid effektief te laat groei.

1 Jul 2024
#13: Omhels Verandering: Hoe Om Jou Lewensreis Ligter te Maak
🌸 Hallo my liewe vriendin! 🌸 Baie welkom by nog 'n lekker voelgoed episode van ons potgooi! 🎙️ Vandag gesels ons oor iets wat ons almal raak – verandering. Verandering kan uitdagend wees, maar dis ook een van die mooiste waarhede van die lewe. 🌿 In hierdie episode deel ek drie praktiese wenke om verandering makliker te maak, veral as dit soms voel asof dit te veel is om te hanteer. Het jy al ooit gevoel dat verandering te groot of moeilik is? Jy is nie alleen nie! Kom ons leer saam hoe om verandering te omhels en dit as deel van ons lewensreis te aanvaar. 🌟 Luister nou saam met my en ontdek hoe ons verandering met oop arms kan verwelkom en ons lewens meer vervullend kan maak. 💖 📧 Stuur gerus vir my ‘n e-pos by minkie@minkiesekombuis.com of besoek ons webwerf: www.minkiesekombuis.co.za 👉 Luister hier: [Voeg jou podcast skakel in] 🎧 #MinkieSeKombuis #VeranderingOmhels #VoelgoedPotgooi #Lewensreis #Inspirasie #GroeiEnVerandering

24 Jun 2024
#12: Wie is Jy? Ontdek Jou Ware Self met Hierdie Tips wat jy nie wil mis nie!
Luister vandag na "Wie is Jy?" en kom ontdek saam met my wie jy regtig is en wie jy kan wees. Ons gaan gesels oor hoe om jou ware self te vind en jouself te omhels met selfliefde en deernis. Sluit aan by hierdie inspirerende reis vol praktiese wenke en stories wat jou sal motiveer en nuuskierig sal maak om meer oor jouself te leer. Maak gerus kontak deur n epos te stuur na: minkie@minkiesekombuis.co.za (mailto:minkie@minkiesekombuis.co.za) of besoek ons webtuiste by www.minkiesekombuis.co.za

30 Jun 2021
#11: Chrische se Haarsorg Wenke!
👑 As jy nog altyd gewonder het hoe om die beste uit jou kroontjie te kry, luister gerus na ons nuutste episode! 🎙️ Chrische, ‘n top haarstilis in Pretoria, deel haar grootste geheime met ons – van haarwenke tot hoe om jou hare elke dag op sy beste te laat lyk! 💇♀️ Wat ‘n heerlike bederf om haar insigte te hoor. Dankie Chrische vir jou waardevolle raad! 🌟 Moenie hierdie episode misloop nie – dit is perfek vir elkeen wat hul kroon wil laat skitter! 💁♀️ 📧 Stuur vir my ‘n e-pos by minkie@minkiesekombuis.co.za of besoek ons webtuiste: www.minkiesekombuis.co.za (http://www.minkiesekombuis.co.za) #HaarWenke #TopHaarstilis #MinkieSeKombuis #Chrische #HareOpSyBeste

29 Apr 2021
#10: Hoe vuurloop jou denkwyse kan verander
As jy dink Supermanlife het al sy varkies verloor, dink weer. Cobus Visser doen gewone dinge op n buitengewone manier - soos om jou denkwyse te verander deur jou kaalvoet oor vuurwarm kole te laat loop! Kobus is n motiveringspreker (natuurlik as jy so n ongewone metode het van Coaching). Hy is ook die enigste een in Suid Afrika wat ander coaches oplei om hulle kliente die waarde van vuurloop te leer. Wel, ek vandag vir Cobus hier vas om die stoel en ek wil weet - wat op aarde sal enige iemand besiel om oor vuurwarm kole te loop? Laai Cobus Visser se E-Boek gratis af: https://cobusvisser.com Cobus se sosiale bladsye: https://solo.to/cobusvisser Teken hier aan vir ons weeklikse nuusbrief: https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021 (https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021) Volg ons gerus op Sosiale Media by: Facebook: https://www.facebook.com/minkiesekombuis Instagram: https://www.instagram.com/minkie_se_kombuis/ Website: www.minkiesekombuis.co.za Epos: minkie@minkiesekombuis.co.za

25 Apr 2021
#9 - Beste wenke vir Effektiewe kommunikasie!
Program Notas Het jy al ooit n baie snaakse grappie vir n groep mense vertel en dan lag niemand vir jou grappie nie? Of dalk het jy n diep boodskap wat regtig awesome is en die gehoor kyk jou aan asof iets jou by die deur ingedra het! Ag aardetjie tog, Wat maak n mens dan? Hoe kry jy die gehoor se aandag sodat jy jou perfek uitgewerkte toespraak en boodskap by hulle kan uitkry? En nog erger, wat help vir al die senuwees op die verhoog? Wel, vandag het ons n baie spesiale gas in die studio wat nie net vir ons n paar waardevolle wenke gaan gee nie, maar ons ook gaan help om ons aanlyn vergaderings met meer selfvertroue en produktieweteit aan te bied. Laai Haupt Feldtmann se boek hier af: https://minkiesekombuis.co.za/freebies Teken hier aan vir ons weeklikse nuusbrief: https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021 (https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021) Volg ons gerus op Sosiale Media by: Facebook: https://www.facebook.com/minkiesekombuis Instagram: https://www.instagram.com/minkie_se_kombuis/ Website: www.minkiesekombuis.co.za Epos: minkie@minkiesekombuis.co.za

22 Apr 2021
#8: Leer ken jouself met Lynette Beer
#8: Leer ken jouself met Lynette Beer Is jy geel, groen, blou of rooi? As hierdie vir jou soos n strik vraag klink, kan ek jou verseker vandag se episode gaan jou op die punt van jou stoel laat sit. Ek het vandag n groot verassing vir al my luisteraars, en ek kan nie meer opgewonde wees om vandag die studio saam met niemand anders as Lynette Beer te deel nie. Lynette is bekend vir haar waardevolle bydraes op Ontbytsake & Finesse Voelgoed Tydskrif In vandag se episode deel Lynette Beer al die verskillende kleure in persoonlikhede wat ons kry en hoekom dit vir ons elkeen belangrik is om onsself en ons geliefdes se kleure te verstaan. Dis veral belangrik, veral in vandag se lewe, dat ons onsself ontdek en bewustelik sal oplet hoe ons ander mense laat voel, hulle temperamente leer ken en dat ons terselfdetyd ons emosies reg bestuur. Lynette Beer se webtuiste: www.lynettebeer.co.za (https://www.lynettebeer.co.za/) Teken hier aan vir ons weeklikse nuusbrief: https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021 (https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021) Volg ons gerus op Sosiale Media by: Facebook: https://www.facebook.com/minkiesekombuis Instagram: https://www.instagram.com/minkie_se_kombuis/ Website: www.minkiesekombuis.co.za Epos: minkie@minkiesekombuis.co.za

10 Mar 2021
#7 - Hoe om jou emosies reg te bestuur
Deesdae is selfversorging op almal se lippe en het jy al gewonder wat dit regtig beteken? Wanneer is dit okay om na jouself om te sien en wanneer kan dit gesien word as n selfsugtige taak? Vir my beteken selfversorging nie juis spa-uitstappies en wyn saam met vriendinne nie - dit ook, maar ek dink die aandag moet ook geskenk word aan n mens se eie emosionele gesondheid. As jou emosionele welstand vir jou n prioriteit is, moet dan nie die 7de episode van Minkie se Kombuis misloop nie! E-Boek: Hoe bly mens Positief wanneer alles om jou Negatief voel (https://payhip.com/b/oFTK) Teken hier aan vir ons weeklikse nuusbrief: https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021 (https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021) Volg ons gerus op Sosiale Media by: Facebook: https://www.facebook.com/minkiesekombuis Instagram: https://www.instagram.com/minkie_se_kombuis/ Website: www.minkiesekombuis.co.za Epos: minkie@minkiesekombuis.co.za

18 Feb 2021
#6 - Nr 1 Selfvertroue Wenk wat jou lewe sal verander
Al ooit gewonder wat is die verskil tussen die girl wat vol selfvertroue is en die een wat skaam en teruggetrokke voel? Die een geheim agter hoe om in jou eie reg te staan en te voel jy kan die wereld oorwin? Wel, in hierdie episode kyk ons na een groot geheim hoe om meer selfvertroue te kweek en te voel dat jy in jou eie reg ook kan vasstaan! Baie welkom by die 6de episode van Kuiertjies om die kombuistafel. Luister gerus na hierdie pragtige ou storie van Pinkelnolsie en leer meer oor hoe kolletjies & sterretjies jou lewe kan verander Teken hier aan vir ons weeklikse nuusbrief: https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021 (https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021) Volg ons gerus op Sosiale Media by: Facebook: https://www.facebook.com/minkiesekombuis Instagram: https://www.instagram.com/minkie_se_kombuis/ Website: www.minkiesekombuis.co.za Epos: minkie@minkiesekombuis.co.za

4 Feb 2021
#5 - Super Cool Dinge Wat Jy Besef Soos Jy Ouer Word!
Super Cool Dinge Wat Jy Besef Soos Jy Ouer Word! Is dit nie n salige maar woelige reis om ouer te word nie? Op 40 besef ek daars diamante in n wyser en kalmer lewe! Welkom by die 5e episode van Minkie se Kombuis waar ons lekker gesels oor die pret van ouer word! Teken hier aan vir ons weeklikse nuusbrief: https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021 (https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021) Volg ons gerus op Sosiale Media by: Facebook: https://www.facebook.com/minkiesekombuis Instagram: https://www.instagram.com/minkie_se_kombuis/ Website: www.minkiesekombuis.co.za Epos: minkie@minkiesekombuis.co.za

25 Jan 2021
#4 - Skinderstories was afbreek
n Lekker Skinderstorie Was jy al in n situasie waar n kollega in jou kantoor net vinnig vir jou kom vertel van Sandra se man wat haar verneuk het, en omdat jy nie ongeskik wil wees nie, bly jy maar eerder stil en luister na al die stertjies en stories. Maar in jou hart voel jy so geirriteerd oor die skinderstorie en nou is jy ook daarby ingesleep. Dalk was jy al n Sandra waaroor die mense so skinder. Haar man het haar immers met n jonger bokkie verneuk, en dit maak n lekker skinderstorie. Baie welkom by die 4de episode van Minkie se Kombuis! Bly gerus ingeskakel vir vandag se mandjie vol liefde en advies! Teken hier aan vir ons weeklikse nuusbrief: https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021 (https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021) Volg ons gerus op Sosiale Media by: Facebook: https://www.facebook.com/minkiesekombuis Instagram: https://www.instagram.com/minkie_se_kombuis/ Website: www.minkiesekombuis.co.za Epos: minkie@minkiesekombuis.co.za

18 Jan 2021
#3 - Die 5 Sekonde Reel
Die 5 Sekonde Reel Het jy al gewonder hoekom is dit so moeilik om die klein dingetjies in jou lewe reg te kry wat jy weet jou lewe gaan verbeter? Dis amper asof jy in die modder vassit tussen jy weet wat om te doen maar jy kry jouself net nie sover om dit wel te doen nie? Mens noem dit die "Kennis Strik". Jy het die kennis om jou lewe te verander maar jy kry jouself nie sover om oor te gaan in aksie nie. As hierdie situasie spot-on is vir jou, of jy ken dalk iemand wat so voel, bly gerus ingeskakel vir die derde episode van Minkie se Kombuis Teken hier aan vir ons weeklikse nuusbrief: https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021 (https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021) Volg ons gerus op Sosiale Media by: Facebook: https://www.facebook.com/minkiesekombuis Instagram: https://www.instagram.com/minkie_se_kombuis/ Website: www.minkiesekombuis.co.za Epos: minkie@minkiesekombuis.co.za

12 Jan 2021
#2 - Kry die Selfvertroue wat jy verdien!
Ohhhh boy, as die selfvertroue gremlin eers sy kop uitsteek, dan hardloop ek sommer die vlaktes in. Baie welkom by die 2de episode van Kuiers om die kombuistafel, en in hierdie episode ontdek ons n paar belangrike strategiee wat n mens moet implimenteer as jy meer selfvertroue wil he. Wat beteken dit nou eintlik om selfvertroue te he? Wel wat ek verseker weet is dat dit beteken nie jy dink jy is beter as ander mense nie. Om selfvertroue te he beteken wel dat jy dit nie nodig ag om jouself met ander mense te vergelyk nie. Dit beteken jy ken jou waardes en jy weet wat belangrik vir jou is in die lewe. Ek het eenkeer iets raakgelees wat my nogals laat dink het. Dit gaan oor die voeltjie wat styf vasklou aan die takkie terwyl die wind verwoed waai. Daai voeltjie se vertroue is nie in die takkie, wat enige tyd kan breek, nie. Sy vertroue is in sy vermoe om te kan vlieg. Daai ou klein voeltjie weet wat belangrik is, en hy het vertroue in sy vlerkies. Bepaal jou waardes - dokument link: https://mailchi.mp/minkiesekombuis/waardes (https://mailchi.mp/minkiesekombuis/waardes) Teken gerus hier aan vir ons weeklikse kuiertjies om die kombuistafel epos: https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021 (https://mailchi.mp/minkiesekombuis.co.za/nuusbrief-aanteken-jan-2021) Volg ons gerus op Sosiale Media by: Facebook: https://www.facebook.com/minkiesekombuis Instagram: https://www.instagram.com/minkie_se_kombuis/ Website: www.minkiesekombuis.co.za Epos: minkie@minkiesekombuis.co.za

7 Jan 2021
#1 - Is jy op Outopilot?
Ek is so opgewonde om hierdie heel eerste potgooi episode met jou te deel! Skop jou skoene uit, trek n notaboek nader en gooi vir jou n lekker glas wyn, want in hierdie episode raak ons intensioneel oor 2021. Vandag se program is propvol praktiese wenke om jou beste jaar doelgerig aan te pak, lekker stories wat ons hartsnare tokkel en diep vrae wat ons op die punt van ons stoel laat sit. Is jy reg om jou beste self te ontdek? Volg ons gerus op Sosiale Media by: Facebook: https://www.facebook.com/minkiesekombuis Instagram: https://www.instagram.com/minkie_se_kombuis/ Website: www.minkiesekombuis.co.za Epos: minkie@minkiesekombuis.co.za
Contact Minkie se Kombuis - Kuiers om die Kombuistafel
- Guest appearances
- Does not typically book guests
Based on episode analysis; this does not confirm that the show is currently accepting guests.
Host of Minkie se Kombuis - Kuiers om die Kombuistafel?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.
Explore this show
Podcast research with Pod Engine