Podcast thumbnail for Nagsê Here

by Afrikaans.Radio

45 episodes
Updated Daily
Accepts GuestsHas SponsorsLocation 🇿🇦

Podcast Overview

Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag. Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.

Language

🇦🇫

Publishing Since

6/2/2023

1 verified contact email on file for Nagsê Here

Pitch yourself as a guest, propose sponsorships, or reach out directly to the host.

Recent Episodes

Episode thumbnail for Nagsê Here #45

August 27, 2023

Nagsê Here #45

Goeie Naand, Hoevele male het jy nie al gehuiwer om die regte woorde te vind nie. Selfs met gebed sukkel jy, wat is dit wat jy graag wil bid, wil vra, wil afsmeek by Die Here. Jy wil nie selfsugtig klink nie, ook nie te desperaat nie, miskien wonder jy of Die Here sal verstaan en antwoord. Sal jy iemand glo wat moord goedgekeur het, mense wreedaardig vervolg het, in die tronk was, weggejaag is uit dorpe en met klippe gegooi was, so hardkoppig dat hy met ‘n sweep paar keer geslaan was as straf, opstandig teen die regering en kerkleiers. Dis die einste persoon wat ons aanhaal vanaand, Paulus, wat sê “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges. Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” Paulus het geweet dat hyself aan woorde en antwoorde kortkom en in daardie stil oomblikke pleit Die Gees van God. Woordeloos word jou gemoedstoestand ook oorgedra omdat God jou hart ken. Jou gebed geprewel met stilte en in jou swakheid. Jou seerkry, jou vernedering, jou verlede, jou twyfel asook jou hoop op beter dae. Vir jou as gelowige sien God net jou hart raak en luister na wat Die Gees pleit. Mag jou gebed vanaand jou gerus stel en jy glo dat God alles ten goede sal laat meewerk sodat Sy Liefde in jou en deur jou kan werk. Twyfel nie, jy het iets om vir Die Here jou God te doen. Jou gebed is jou Dankie sê, Die Gees antwoord namens jou. AMEN Nagsê Here.

Episode thumbnail for Nagsê Here #44

August 27, 2023

Nagsê Here #44

Goeie Naand, Die dinge of goeters wat met mens gebeur, baie keer deur eie keuses, dom keuses of onwetend laat jou nogal met hande in die hare. Hoe gaan jy deurkom, hoe gaan jy oorlewe, hoe kan jy dinge regmaak, wat moet jy antwoord en aan wie, wat moet jy doen? Dis alles vrae wat jou op een plek vasgevange hou? Dawid skryf dat Die Here vir die opregtes sorg in Ps 7. Miskien vra jy vanaand waarom dan al die onreg, die omkopery, die kwaadwilligheid van mense, die seermaak en seerkry, hoekom is daar soveel hartseer, wat maak ek met tyd en plek? Jy voel dalk soos ‘n teiken en almal skiet hul pyle na jou, dalk voel jy dat alles wat verkeerd kan gaan, gebeur met jou. Dit is net geloof wat jou staande hou met al hierdie vrae. Daarom sê Dawid in vers 11 en 12 “My skild is by God wat die opregtes van hart verlos. God is 'n regverdige regter, en 'n God wat elke dag toornig is.” Hierdie skild van God kan die pyle keer, dit kan skaduwee verskaf in gloeiende son en snags gebruik word as ‘n dak en in stormweer as ‘n sambreel. Dit help jou om alles wat met jou gebeur te deurstaan omdat Hy jou beskerm sodat jy verlos kan word tot Sy eer. Hy bly Die Regter wat regverdig is, Hy sien die onreg en kwaadwilligheid en daaroor is Hy woedend, elke dag. Die 1983 vertaal die verse “God wat die opregtes help, is my beskermer. God is 'n betroubare regter, 'n God wat altyd die skuldiges straf.” Dit klink amper soos die spreekwoord “Die wiel draai” maar daarvan moet jy jou asseblief weerhou, Hy het in Sy liefde ook jou liefde nodig wat jy met jou lewe moet bewys. Mag jy eerder antwoord op al die dinge wat in jou lewe gebeur, die mooi en die lelik, die soet en die suur, die reg en die verkeerd soos Ps 7 eindig “Ek wil die Here loof na Sy geregtigheid en die Naam van die Here, die Allerhoogste, psalmsing.” Mag jou lewe ‘n lofsang aan Die Here jou God bly. Hy sal jou verlos op Sy tyd vir jou bestem. AMEN

Episode thumbnail for Nagsê Here #43

August 27, 2023

Nagsê Here #43

Goeie Naand, Dink jy Die Here het ‘n droom vir jou? Sou dit beter klink as die vraag is; het Die Here het gedroom en jou vir ‘n doel geskep hier op aarde? Miskien wil jy nou antwoord dat die lewe geen droom wêreld is nie, met dit gesê kan jy ook nie die lewe as ‘n nagmerrie beskryf nie of van nagmerrie ervarings praat nie. Elkeen het sy drome, ideale, wense en doelbereikings met oop oë hier op aarde. Jyself het dalk ‘n plan B as plan A nie uitwerk nie. As dit anders gestel word in die lewe wat ons ervaar, tussen drome, wat van die volgende stellings tussen Plan A en B; Niemand trou om te skei nie, niemand kry kinders net om hulle weg te gooi nie, niemand plant sonder om ‘n oes te verwag nie, niemand maak ‘n vriend om van die ‘n vyand te maak nie. Eenvoudig is dit dat niemand lewe sonder om asem te haal nie, en solank jy lewe, leef jy Die Here se droom en doel vir jou. Hy het jou buite beheer geplaas van sekere spiere soos ooglede, hart, maag en organe soos longe, lewer, niere. Jou brein vermoë bepaal jou wilskrag, jou verantwoordelikheid, jou besluite van liefde en omgee, dit bepaal jou menswees. Alles deur Die Here geskep, maak nie saak hoeveel planne jy het nie. Ps 56 sê Dawid, in moeilike omstandighede “Deur God sal ek die woord prys; deur die Here sal ek die woord prys. Ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan 'n mens my doen? Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U betaal; want U het my siel gered van die dood - ja, my voete van struikeling - om te wandel voor die aangesig van God in die lig van die lewe.” Mag al jou woorde en gedagtes vanaand deel wees van Die Here se Droomdoel met jou en jy Hom daarvoor loof en prys want selfs wanneer die donkernag verdwyn bly Hy die God van jou lewe, met elke spier en orgaan leef jy in Sy Lig van die Lewe, gered van die dood, ‘n wandeling met vergifnis sou jy struikel. Mag jy lekker slaap en weet Die Here ontmoet jou, met jou menswees in Sy Droom, ons bid vir diegenes wat buite Sy Droomdoel lewe. AMEN Nagsê Here.

45 total episodes available

Deep-dive analytics for Nagsê Here

Frequently asked questions

Have a different question and can't find the answer you're looking for? Reach out to our support team by sending us an email and we'll get back to you as soon as we can.

What is Nagsê Here?

Met Nagsê Here deel Ds. Theunis Coetzee 45 kort en inspirerende oordenkings om jou dag met vrede en hoop af te sluit. Hierdie reeks bied ’n rustige en troosvolle oomblik, ideaal vir die einde van jou dag.

Vind rus vir jou siel met Nagsê Here.

How often does this podcast release new episodes?

This podcast updates daily.

Where can I listen to this podcast?

This podcast is available on 4 platforms including Apple Podcasts, Spotify, and more. You can also use the RSS feed directly.

Does this podcast accept guests?

No, this podcast does not typically feature guests.

Legal Disclaimer

Pod Engine is not affiliated with, endorsed by, or officially connected with any of the podcasts displayed on this platform. We operate independently as a podcast discovery and analytics service.

All podcast artwork, thumbnails, and content displayed on this page are the property of their respective owners and are protected by applicable copyright laws. This includes, but is not limited to, podcast cover art, episode artwork, show descriptions, episode titles, transcripts, audio snippets, and any other content originating from the podcast creators or their licensors.

We display this content under fair use principles and/or implied license for the purpose of podcast discovery, information, and commentary. We make no claim of ownership over any podcast content, artwork, or related materials shown on this platform. All trademarks, service marks, and trade names are the property of their respective owners.

While we strive to ensure all content usage is properly authorized, if you are a rights holder and believe your content is being used inappropriately or without proper authorization, please contact us immediately at hey@podengine.ai for prompt review and appropriate action, which may include content removal or proper attribution.

By accessing and using this platform, you acknowledge and agree to respect all applicable copyright laws and intellectual property rights of content owners. Any unauthorized reproduction, distribution, or commercial use of the content displayed on this platform is strictly prohibited.