Vandag vier ons die laaste dag van Epifanie, en ons tree Woensdag in die Lydenstyd. Ons gesels oor hoe Christus se Lig ons hele wese verhelder, sowel as die Wet binne 'n nuwe lig plaas.
2 Kor 4:3-6
7 Feb 2021
Daar sal tyd wees: Prediker 3
Vandag gesels ons oor twee tekste: Jesaja 40 en Prediker 3. Dit voel soms asof daar niks anders is as die oomblik waarin ons tans onsself beleef nie. Ons kyk vas in die moeilike en minder lekker dinge van ons lewe.
Maar daar is hoop.
31 Jan 2021
Wat is in 'n naam? Markus 1:21-28
Vandag gesels ons oor die outoriteit in die naam van Jesus en die benoeming van ons probleme. Markus 1:21-28 wil ons uitdaag om nuut te dink oor waar ons ons outoriteit vandaan kry, en hoe ons daardie outoriteit kan gebruik om onsself en ons gemeenskap te verander.
24 Jan 2021
Ons en die Skepping, saam - Week van gebed: Dag 8
Welkom by die laaste insetsel van ons week van gebed! Vandag gesels ons oor ons versoening met die hele Skepping. Hoe kan ons weer met die Skepping versoen, en seker maak dat ons God se opdrag uitvoer?
Vir die bykomende materiaal loer gerus op ons Facebookblad, NG Gemeente Murraysburg, of kontak my by luane.mclachlan@gmail.com
23 Jan 2021
Nader aan U, nader aan jou - Week van gebed: Dag 7
Dit is die tweede laaste dag van die week van gebed, en vandag gesels ons oor eenheid. Wat beteken dit om met ander een te wees? Hoe help die Heilige Gees ons om te versoen?
Johannes 15:5
5“Ek is die wingerdstok, julle die lote.
Gaan loer gerus op ons Facebookblad na die bykomende materiaal vir vandag, of kontak my by luane.mclachlan@gmail.com
22 Jan 2021
Vir al ons vriende - Week van gebed: Dag 6
Vandag gesels ons oor Johannes 15:16: “Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou.”
Ons hartsmense maak 'n groot impak op ons geloof en ons gebedslewe. Vandag gesels ons nie net oor hoe hulle ons lewens aanraak nie, maar hoe ons hulle in gebed kan dra.
Vir die bykomende materiaal gaan loer gerus op ons Facebookblad, NG Gemeente Murraysburg, of stuur vir my 'n e-pos by luane.mclachlan@gmail.com
21 Jan 2021
Nuwe ek, selfde God - Week van gebed: Dag 5
Vandag gesels ons oor die transformerende krag van God se Woord. Wanneer ons die Woord lees en hoor, kan ons nie anders as om verander te word daardeur nie.
Vandag se fokusteks is Johannes 15:3
Vir die bykomende materiaal, gaan loer op ons gemeente se Facebookblad, NG Gemeente Murraysburg, of stuur vir m 'n e-pos na luane.mclachlan@gmail.com
20 Jan 2021
My vriend, bid saam met my! Week van gebed: Dag 4
Vandag se tema is: Ons bid saam. Jesus noem ons sy vriende (wow!) en leer ons hoe om te bid - al wat ons moet doen, is om te vra. Die fokusteks vandag is Johannes 15:15.
Vir bykomende materiaal, gaan loer gerus na ons gemeente se Facebookblad, NG Gemeente Murraysburg, of stuur vir my 'n e-pos by luane.mclachlan@gmail.com
19 Jan 2021
Ons is een - Week van gebed: Dag 3
Welkom by die derde dag van ons week van gebed. Vandag gesels ons oor ons eenheid in Christus, en sy opdrag dat ons mekaar moet liefhê. Wat is die verskillende maniere waarmee ons mekaar kan liefhê? Wat maak ons wanneer dit moeilik is om mekaar lief te hê?
Ontvang 'n bykomende gebedsdokument op ons Facebookblad, NG Gemeente Murraysburg, of kontak vir my by luane.mclachlan@gmail.com
18 Jan 2021
Stukkie vir stukkie - Week van gebed: Dag 2
Vandag is die tweede dag in ons week van gebed, en ons gesels oor innerlike groei. Hoe help God my om innerlik te groei? Hoe dra die Gees by tot my geestelike ontwikkeling?
Om die bykomende PDF te ontvang, gaan loer gerus op ons Facebookblad, NG Gemeente Murraysburg, of e-pos my by luane.mclachlan@gmail.com
17 Jan 2021
Kom kyk! Week van gebed: Dag 1
Hierdie week neem ons deel aan die wêreldwye week van gebed. Vanjaar se tema is: Bly in My en julle sal baie vrugte dra. Die fokusteks is Johannes 15:16 “Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies.” Die week se volledige teks is Johannes 15:1-17.
In vandag se potgooi gesels ons oor God wat ons kies en ons roep om Hom te volg. Al manier hoe ons op hierdie roeping kan reageer, is deur te sê, kom kyk!
Vir die bykomende PDF met 'n gebedsaktiwiteit, kinderaktiwiteit, sowel as die eerste item vir jou gebedstasie, gaan loer gerus op ons gemeente se Facebookblad, NG Gemeente Murraysburg.
12 Jan 2021
God spreek in die storm
In hierdie week se episode lees ons Psalm 29. Wat as God se stem nie net 'n fluister is nie, maar onmisbaar en majestueus deur ons lewe woed? God spreek tydens storms, veral die wat ons in ons lewens ervaar.
5 Jan 2021
Die Gees Sug Saam (Romeine 8: 18-30)
Geseënde Nuwe Jaar! Om die nuwe jaar te vier, keer ons terug na een ons van ons mees basiese funksies: asemhaling. Maar wat gemaak as jy nie meer jou asem kan hou nie?
Contact PodPrediker
Guest appearances
Does not typically book guests
Based on episode analysis; this does not confirm that the show is currently accepting guests.
Host of PodPrediker?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.
Explore this show Podcast research with Pod Engine