In hierdie episode van Twak Praat kuier die geliefde Koekedoor-wenner, Corli Prinsloo, saam met Hammie en Ricus! Corli sit saam met die manne vir ’n eerlike en vermaaklike gesprek oor haar pad sedert sy Koekedoor gewen het, die werklikheid agter die skerms, en haar passie vir kos.Sy vertel onder meer die ongelooflike storie van hoe sy voor die tyd ’n koek in haar kar moes sit en versier, en gesels oor haar lewe as die vrou van die hoof by Laerskool Wierdapark.Corli praat ook reguit oor hoe sy lewendige kosmaak aangepak het:Die aanpassing en hoe moeilik dit aanvanklik was om dinge lewendig voor die kameras te doen.Die slegte kommentaar wat sy in die begin gekry het.Hoe sy daaroor gekom het, haar voete gevind het en met verloop van tyd baie beter voor die kamera geword het.Vandag werk sy by Boma, waar sy die kos maak, die resepte ontwikkel en die kwaliteitsbestuur hanteer. Sy het natuurlik nie met leë hande opgedaag nie, Hammie en Ricus het elkeen ’n hele goodie bag vol Boma-produkte gekry, van biltong tot vleis en lekkernye soos Oreo-goedjies!Sy gesels ook oor haar rebrand na Corli se Smaakvol , wat haar eie handelsmerk is waar jy haar produkte kan kry, terwyl baie van haar produkte ook by Boma beskikbaar is.'n Woord van ons borg, Virseker:Kry kontant terug in jou sak net omdat jy veilig leef! As jy jou motor, huis, huisinhoud (of 'n kombinasie hiervan) by Virseker verseker, word die Gatsak-bonus outomaties by jou polis ingesluit. Bly vir 4 ononderbroke jare eisvry en kry jou hele eerste jaar se premies, of tot 25% van jou totale premies, kontant terug! Dit is uiters kompeterend in die mark, want Virseker staan jou nie net by as dinge skeefloop nie, hulle beloon jou ook as dinge reg verloop.Kry vandag jou kwotasie by: virseker.co.zaVIRSEKER:Kontak virseker en kry 'n kwotasie vandag:https://www.virseker.co.za/paid-social/?vdn=virtpInstagram: https://www.instagram.com/virseker/Facebook: https://www.facebook.com/VirsekerWebsite: https://www.virseker.co.za/?vdn=wvgbr&gclsrc=aw.ds&gad_source=1&gad_campaignid=1981017029&gbraid=0aaaaad4knn4d7gr53noq7zfswfjbogp5j&gclid=cjwkcajw_kjvbhaheiwanc0n9gxgb3drlnoaxlf8unzeus4u6aglp7getnyzgqljcgvffoffwstixbocn0sqavd_bweCFAO MOBILITY TOYOTA MTHAHA: https://www.cfaomobility.co.za/find-a-dealer/buffalo-toyota-mthathaTWAK PRAAT:Instagram: https://www.instagram.com/twakpraat/Facebook: https://www.facebook.com/profile.php?id=61573218172472TikTok: https://www.tiktok.com/@twak.praat
1 Oct 2026
Twak Praat S2 E37 - Jimmy Stonehouse
In hierdie episode van Twak Praat sit die manne saam met 'n ware legende van Suid-Afrikaanse rugby: die ikoniese Pumas-hoofafrigter, Jimmy Stonehouse! Vars na die intense eindstryd sit Coach Jimmy saam met Ricus Nel en Hammie vir 'n gesprek wat wissel tussen diep lewenswysheid, rugby-staaltjies en skreeusnaakse oomblikke.Hammie gesels oor sy dae by die Harlequins waar hy onder Coach Jimmy gespeel het, en watter enorme rol hy as mentor en inspirasie gespeel het. Maar Jimmy wys ook sy ander kante: van sy jare as mededingende bodybuilder tot sy liefde vir sing! Hulle praat oor sy gewilde COVID-parodie op een van Ricus se liedjies, en Ricus nooi hom sommer reguit om saam op die verhoog te klim.In hierdie episode gesels hulle oor:'n Leeftyd van afrigting sedert 1989: Van topskole soos Hoërskool Ermelo en Hoërskool Waterkloof tot die Russiese Sewes-span en sy reuse-sukses met die Pumas in Mbombela (insluitend historiese Curriebeker-glorie en eindstryde).Die fyn balans van 'n afrigter: Hoe jy almal tevrede moet hou — van jou spelers op die veld tot die borge wat die wiele aan die rol hou, want as die span verloor, raak borge skaars.Virseker Noordvaal-beker: Jimmy praat oor hoekom die Virseker Noordvaal-beker so 'n uitstekende platform is en 'n goeie geleentheid vir kinders bied om raakgesien te word.Die passie vir musiek: Hoekom Jimmy so lief is vir sing, daai melodie-parodie tydens grendeltyd, en hoe dit voel wanneer jy moet optree ná 'n professionele sanger soos Ricus.Bodybuilding en dissipline: Wat sy jare as bodybuilder hom geleer het oor fokus, mentaliteit en harde werk.Diep filosofie oor sukses en vergelyking: Hoekom ons dikwels voel ons is 'n "mislukking" omdat ons nie die nasionale span afrig nie, terwyl duisende ander wens hulle het bereik wat ons vandag het.'n Uiters inspirerende, rou en vermaaklike episode wat jou 'n heel ander kant van Coach Jimmy Stonehouse wys!'n Woord van ons borg, Virseker:Kry kontant terug in jou sak net omdat jy veilig leef! As jy jou motor, huis, huisinhoud (of 'n kombinasie hiervan) by Virseker verseker, word die Gatsak-bonus outomaties by jou polis ingesluit. Bly vir 4 ononderbroke jare eisvry en kry jou hele eerste jaar se premies, of tot 25% van jou totale premies, kontant terug! Dit is uiters kompeterend in die mark, want Virseker staan jou nie net by as dinge skeefloop nie, hulle beloon jou ook as dinge reg verloop.Kry vandag jou kwotasie by: virseker.co.zaVIRSEKER:Kontak virseker en kry 'n kwotasie vandag:https://www.virseker.co.za/paid-social/?vdn=virtpInstagram: https://www.instagram.com/virseker/Facebook: https://www.facebook.com/VirsekerWebsite: https://www.virseker.co.za/?vdn=wvgbr&gclsrc=aw.ds&gad_source=1&gad_campaignid=1981017029&gbraid=0aaaaad4knn4d7gr53noq7zfswfjbogp5j&gclid=cjwkcajw_kjvbhaheiwanc0n9gxgb3drlnoaxlf8unzeus4u6aglp7getnyzgqljcgvffoffwstixbocn0sqavd_bweCFAO MOBILITY TOYOTA MTHAHA: https://www.cfaomobility.co.za/find-a-dealer/buffalo-toyota-mthathaTWAK PRAAT:Instagram: https://www.instagram.com/twakpraat/Facebook: https://www.facebook.com/profile.php?id=61573218172472TikTok: https://www.tiktok.com/@twak.praat
24 Sept 2026
Twak Praat S2 E36 - VAATJIE
Van hardeware en IT-stelsels installeer tot een van die bekendste gesigte om die braaivleisvuur! In hierdie episode van Twak Praat kuier Vaatjie van Toks en Tjops saam in die ateljee vir 'n allemintige geselskap oor kos, rugby, flaters en die binnewerkinge van televisie.
Min mense weet dat Vaatjie se loopbaan eintlik in IT begin het waar hy stelsels en hardeware geïnstalleer het (beslis nie programmering nie!). Van daar af het hy by Weber begin werk, wat 'n borg by Toks en Tjops was, en so het sy pad na die kassie oopgegaan.
Vandag is hy al 15 jaar lank betrokke by Toks en Tjops.
Tydens sy tyd daar het hulle hom vir formele kursusse gestuur waar hy sy diploma as sjef voltooi het.In hierdie episode gesels die manne oor:
Die IT-dae: Hoe hy stelsels en hardeware geïnstalleer het voor sy dae voor die kameras.
Die Weber-konneksie: Hoe 'n borgskap hom 15 jaar gelede by Toks en Tjops laat beland het.
Diploma-sjef: Die kursusse wat hy deurloop het om amptelik as sjef te kwalifiseer.Kos en gaste:
Watter disse gemaak word, wie die heel lekkerste eet, en waarom Hamilton en Jannie die meeste van sy kos hou.Kombuis-floppe:
Die foute wat hy al gemaak het en die harde lewenslesse wat hy daaruit geleer het.
Die vreemdste dinge op die kole: Van olifantslurp gaarmaak tot ander baie vreemde goed wat hy al moes braai.
Sy mesversameling: Die staal agter die kos en sy passie vir messe.
Rugby-voorspellings: Ricus wat tans in Australië is en sy voorspelling gemaak het oor wie en wat in die Springbok-span aangaan (en hy was bitter naby!).
Agter die skerms van Toks en Tjops: Wat alles ingaan in die produksie en wat hulle agter die skerms aanvang.Hennies-stories: Vaatjie wat gereeld by Hennies kuier waar hy selfs sy eie vaste sitplek het.Besprekings en navrae: Hamilton@vocalevents.co.za toevallig sy besprekings hanteer.Vir besprekings en navrae vir Vaatjie, kontak vir Hamilton Edward Kleywegt.
'n Woord van ons borg, Virseker:Kry kontant terug in jou sak net omdat jy veilig leef!
As jy jou motor, huis, huisinhoud (of 'n kombinasie hiervan) by Virseker verseker, word die Gatsak-bonus outomaties by jou polis ingesluit.
Bly vir 4 ononderbroke jare eisvry en kry jou hele eerste jaar se premies, of tot 25% van jou totale premies, kontant terug! Dit is uiters kompeterend in die mark, want Virseker staan jou nie net by as dinge skeefloop nie, hulle beloon jou ook as dinge reg verloop.
Kry vandag jou kwotasie by: virseker.co.zaVIRSEKER:Kontak virseker en kry 'n kwotasie vandag:https://www.virseker.co.za/paid-social/?vdn=virtpInstagram: https://www.instagram.com/virseker/Facebook: https://www.facebook.com/VirsekerWebsite: https://www.virseker.co.za/?vdn=wvgbr&gclsrc=aw.ds&gad_source=1&gad_campaignid=1981017029&gbraid=0aaaaad4knn4d7gr53noq7zfswfjbogp5j&gclid=cjwkcajw_kjvbhaheiwanc0n9gxgb3drlnoaxlf8unzeus4u6aglp7getnyzgqljcgvffoffwstixbocn0sqavd_bweCFAO MOBILITY TOYOTA MTHAHA: https://www.cfaomobility.co.za/find-a-dealer/buffalo-toyota-mthathaTWAK PRAAT:Instagram: https://www.instagram.com/twakpraat/Facebook: https://www.facebook.com/profile.php?id=61573218172472TikTok: https://www.tiktok.com/@twak.praat
Who has been a guest on Twak Praat met Ricus en Hammie
Names identified in recent episode analyses. Showing up to five guests.
Lianie May
Pietman
Paulo Azevedo
Riana Nel
Naas Botha
Reach and audience
Public platform figures. Ratings count people who left a rating, not total listeners.
Apple Podcasts (US)
5.0 / 5
1 ratings
Spotify
5.0 / 5
54 ratings
Contact Twak Praat met Ricus en Hammie
Guest appearances
Books guests
Based on episode analysis; this does not confirm that the show is currently accepting guests.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.
Explore this show Podcast research with Pod Engine