About Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas
Tygerberg Gesinskerk se preke is prakties en relevant. Dit word weekliks opgedateer en kan gerus afgelaai of gedeel word. Besoek ons ook op YouTube om die preke te kyk.
Besit jy jou geld, of besit dit jou? | 7 goue geldreëls | 7 Uitputbare Bronne | Bron 4: Geld
Geld is ’n goeie dienaar, maar ’n slegte meester. Watter plek het dit in jou hart?
In hierdie boodskap ontdek ons sewe goue geldreëls uit die Bybel: van tevredenheid en vrygewigheid tot die gevaar van geldgierigheid. Hoe bestuur ons dit wat God aan ons toevertrou het, stel ons sy koninkryk eerste en geniet ons sy goedheid met dankbaarheid?
Skrifgedeeltes: Lukas 16:1–13; Matteus 6:19–20; 1 Timoteus 6:6–10, 17–19.
Deel 5 van 10 | Uitputbare Bron 4: Geld
Tygerberg Gesinskerk
1 Nov 2026
Hoe gesond is jy regtig? | 7 Uitputbare Bronne – Deel 4
Hoe gaan dit regtig met jou—na liggaam, siel en gees?
Gesondheid is ’n uitputbare bron wat ons maklik as vanselfsprekend aanvaar. In hierdie episode van 7 Uitputbare Bronne kyk ons na drie areas van ons gesondheid: ons liggaam, ons gedagtes en emosies, en ons verhouding met die Here.
Ons gesels oor die verantwoordelikheid om ons liggaam te versorg, die bekommernisse en laste wat ons saamdra, en wat dit beteken om vir Jesus die laaste sê in elke deel van ons lewe te gee.
Jesus nooi dié wat moeg en oorlaai is om by Hom rus te vind. Watter bagasie moet jy vandag neerlê?
Skrifgedeelte: 1 Tessalonisense 5:16–24
Reeks: 7 Uitputbare Bronne | Deel 4 van 10
Tema: Gesondheid – Wees gesond, van binne na buite
25 Oct 2026
Wat doen jy met jou talente? | 7 Uitputbare Bronne – Bron 2
Bêre jy jou talente vir “eendag”? Maar wat as daardie dag nooit kom nie?
In hierdie tweede boodskap van ons reeks, 7 Uitputbare Bronne, ontdek ons uit Lukas 19:11–27 hoe ons getrou kan omgaan met dit wat God aan ons toevertrou het.
Jou talente, vaardighede en gawes bied geleenthede om ander te dien en Jesus se liefde sigbaar te maak—in die gemeente, by jou werk en in jou alledaagse lewe. Moenie wag vir die perfekte geleentheid nie. Begin met wat jy het, waar jy is, totdat Hy terugkom.
Skriflesing: Lukas 19:11–27
Reach and audience
Public platform figures. Ratings count people who left a rating, not total listeners.
Spotify
5.0 / 5
10 ratings
Host of Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas?
Claim your podcast to manage its listing and keep your show details accurate.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.
Explore this show Podcast research with Pod Engine