by Afrikaans.Radio
Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander
Language
🇦🇫
Publishing Since
4/4/2023
Email Addresses
1 available
Phone Numbers
0 available
April 23, 2025
In hierdie KLETS-episode gesels ons met Dr Rianne van Vuuren, toekomskundige en horison-skandeerder by die Instituut vir Toekomsnavorsing in Stellenbosch, oor wat die toekoms vir Suid-Afrika - en vir ons almal – moontlik inhou. Rianne stel ook sy potgooi bekend, “Môre onder die Soeklig”, wat vanaf Maandag, 28 April 2025, beskikbaar sal wees op Afrikaans.Radio. Dié reeks bied ’n vars blik op moontlikhede, tendense en tegnologieë wat ons toekoms vorm – van hommeltuie tot die toekoms van demokrasie en nog baie meer. Ons KLETS met Rianne oor kunsmatige intelligensie (en nie inseminasie nie), die toekoms van die ekonomie, alternatiewe vleis, en hoe horison-skandering gebruik word om ons voor te berei vir wat voorlê of waar geleenthede skuil. Verder bespreek ons die jongste ontwikkelings in die politiek en nuus: • Die VAT-hofsaak wat dalk meer as net belasting impliseer • Cyril Ramaphosa se besluit om ’n wit Afrikaner man na die VSA te stuur om bande met Trump se span te herstel, terwyl die voorgestelde 4%-kwota vir wit mans in die werksmag onlangs gepubliseer is • Die afsterwe van die Pous, en wat die volgende dae behels tot ’n nuwe een verkies word • ’n Paar van die mees interessante en onlangse navorsingsprojekte wat tans werk aan die wêreld van môre Dis toekomsnavorsing, realiteit, politiek en ’n kyk na wat wag om die volgende hoek. Luister nou en verbreed jou horisonne en denke vir môre. Jy kan met Dr Rianne van Vuuren kontak maak by - [email protected]
April 16, 2025
In hierdie week se KLETS wonder ons: Gaan die VAT vat, of gaan hy nie vat nie? Met net ’n paar dae oor voor die beplande 0.5% BTW-verhoging op 1 Mei, is daar steeds geen duidelikheid nie. Die ANC se plan het groot teenstand in die parlement gekry, en daar is berigte dat hulle dalk die verhoging gaan laat vaar. Intussen het baie besighede reeds hul kliënte ingelig oor die verhoging, en die onsekerheid laat almal kopkrap. Ons kyk ook na die jongste IRR-opname, wat wys dat die DA nou voor die ANC is in kiesersondersteuning – ’n eerste in die geskiedenis. Die MK-party en die EFF toon ook groei, wat dui op ’n politieke landskap in beweging. Dit lyk of kiesers al meer fokus op brood-en-botter-kwessies eerder as op rasgebaseerde politiek. Dan is daar die aanstelling van Mcebisi Jonas as Suid-Afrika se spesiale gesant na die VSA. Jonas, tans voorsitter van MTN, is aangewys om die bande tussen Pretoria en Washington te herstel nadat die vorige ambassadeur, Ebrahim Rasool, deur die Trump-administrasie uitgesit is. Maar Jonas se eie geskiedenis – insluitend sy 2020-toespraak waarin hy Trump as ’n “rassistiese, homofobiese en narsistiese regse” beskryf het – maak sy aanstelling kontroversieel. Voeg daarby MTN se betrokkenheid by ’n Amerikaanse terrorisme-regsgeding, en jy het ’n diplomatieke hoofpyn van formaat. Dis ’n week van belasting-onsekerheid, politieke verskuiwings en diplomatieke drama. Ons ontleed dit alles met die gebruiklike KLETS-humor en insig. Luister nou – voor die BTW jou begroting beetkry en die politieke verskuiwings en moontlike diplomatieke drama jou soos griep plattrek.
April 9, 2025
In die KLETS-episode van 9 April 2025 sit ons saam met Neil de Beer, president van die United Independent Movement (UIM) en politieke kommentator met ’n voet in baie politieke binnekamers. Ons gesels oor die toestand van die GNU, en veral die ANC-DA huwelik wat nou meer na ’n egskeiding sonder gemeenskap van goedere lyk. Is hierdie alliansie volhoubaar of oppad na ’n lelike politieke egskeiding? Neil deel sy eerlike, ongefilterde insigte oor: - Wat regtig in die GNU gebeur agter geslote deure - Die verhouding tussen die ANC en DA - Wat die MK-party se werklike strategie is - En wat Suid-Afrikaners kan verwag as MK aan bewind sou kom Maar – soos ons vir Neil ken – bring hy ook sy passie vir die land, sy hoop vir ons mense, en ’n bietjie inspirasie tussen al die chaos. Dis ’n gesprek wat jou laat dink, laat wonder, en dalk selfs laat glo dat ons nog nie die stryd verloor het nie. Hierdie episode is vir mense wat wil weet wat regtig aangaan in SA-politiek, sonder die propaganda – net eerlike perspektief en opinies.
Afrikaans.Radio
Maroela Media
Afrikaans.Radio
Magalies Afrikaanse Podcast
RSG
Killer Audio Creations
Primedia Broadcasting
Cloud10
Jacaranda FM
BizNews
Jacaranda FM
NBC News
audiochuck
The New Yorker
Pod Engine is not affiliated with, endorsed by, or officially connected with any of the podcasts displayed on this platform. We operate independently as a podcast discovery and analytics service.
All podcast artwork, thumbnails, and content displayed on this page are the property of their respective owners and are protected by applicable copyright laws. This includes, but is not limited to, podcast cover art, episode artwork, show descriptions, episode titles, transcripts, audio snippets, and any other content originating from the podcast creators or their licensors.
We display this content under fair use principles and/or implied license for the purpose of podcast discovery, information, and commentary. We make no claim of ownership over any podcast content, artwork, or related materials shown on this platform. All trademarks, service marks, and trade names are the property of their respective owners.
While we strive to ensure all content usage is properly authorized, if you are a rights holder and believe your content is being used inappropriately or without proper authorization, please contact us immediately at [email protected] for prompt review and appropriate action, which may include content removal or proper attribution.
By accessing and using this platform, you acknowledge and agree to respect all applicable copyright laws and intellectual property rights of content owners. Any unauthorized reproduction, distribution, or commercial use of the content displayed on this platform is strictly prohibited.