Monitor: Gewelddadige onluste teen migrante in talle stede
9 Oktober 2026: Gewelddadige onluste teen migrante breek uit in Durban, Gqeberha en Soweto in Johannesburg. Druk uit talle oorde vir 'n brandstofprysverliging - ons praat met 'n ekonoom oor wat die regering kan doen. In Geestesgesondheidsmaand val die fokus vandag op aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsindroom.
8 Oct 2026
Monitor: Ian Cameron gaan identiteit van seksuele oortreders bekendmaak
8 Oktober 2026: Die voorsitter van die polisieportefeuje-komitee, Ian Cameron, gaan sélf die identiteite van seksuele oortreders bekendmaak. Volgens 'n Konstitusionele hof-beslissing mag niemand weggewys word wat om asiel wil aansoek doen nie, maar hoe strook dit met ongedokumenteerde buitelanders wat die land moet verlaat? 'n Nuwe webportaal maak dit moontlik om alle ongebruikte staatsgrond en -eiendom in KwaZuluNatal te huur of te koop.
7 Oct 2026
Monitor: Plaasmoord in Noordwes wyd veroordeel
7 Oktober 2026: 'n Plaasmoord naby Ottosdal in Noordwes word wyd veroordeel. Die Dierebeskermingsvereniging lê misdaadklagte teen polisiebeamptes betrokke by die dood van die polisiehond, Sky. Hoe baat die onwettige brandstofbedryf by die hoë brandstofprys? Ons praat met 'n kenner oor brandstofskelms se foefies.
Reach and audience
Public platform figures. Ratings count people who left a rating, not total listeners.
Apple Podcasts (US)
4.5 / 5
2 ratings
Contact Monitor
Guest appearances
Books guests
Based on episode analysis; this does not confirm that the show is currently accepting guests.
Pod Engine is an independent podcast discovery and analytics service and is not affiliated with or endorsed by this podcast. Artwork and show content belong to their owners. Full legal notice.
Explore this show Podcast research with Pod Engine